Hoekom is ek gelukkig

Augustus 19, 2008 om 10:24 vm | Posted in Vorige paadjies | 21 Kommentaar

bashinginnieboendoes.wordpress.com/ het my getag om te sê waarom ek gelukkig is.

Ek is gelukkig omdat ek elke oggend my oë kan oopmaak, my man langs my kan SIEN, te kan HOOR hoe my kinders ook wakker word en gesels. Ek is gelukkig omdat God my soveel geseën het om al my sintuie te kan gebruik om Sy skepping te kan geniet! Ek is SO gelukkig om Sy kind te kan wees!!!

Ek is gelukkig om my familie en vriende om my te hê. Daar te wees as hulle my nodig het en te weet daar is mense wat vir my omgee!

Maar ek is ook gelukkig om soms net alleen te wees, ‘n boek te lees of sommer net op my eie te droom.(Ek is gelukkig om nog te kan droom)

Ek is gelukkig om nog te kan LAG!! Ten spyte van al die negatiewe dinge darem nog die snaakse in die lewe ook raak te sien.

Ek is gelukkig………….om nog gelukkig te kan wees!!!! 🙂

Die volgende mense is gelukkig om huiswerk te kry…

 delliesedinge.wordpress.com/   http://diekas.wordpress.com/  http://tekkies.wordpress.com/

21 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Ek kan sommer aanvoel dat jy rerig gelukkig is, en dit sit ‘n glimlag op my gesig.😉

    Ek sal my huiswerk so gou as moontlik doen!

  2. Ag ja, mens kan sien jy is gelukkig, en dit maak my ook gelukkig! Dankie, Marina! 😆

  3. Dankie vir die “huiswerk”, sal dit so gou moontlik doen!

  4. […] August 20, 2008 @ 10:49 am } · { Uncategorized } { } Voetjies het my getag om te sê waarom ek gelukkig […]

  5. Dit is vir my so n lekker gevoel om mense gelukkig te sien!

  6. Jitte. Jou geluk is sommer aansteeklik. Dankie.

  7. […] Marina, dat ek so lank geneem het om hierdie huiswerk te doen. Ek tag vir Eben en Hexi, om vir ons te […]

  8. Weet jy wat…. ek is gelukkig om iemand te ken soos jy!

  9. Jou geluk is regtig aansteeklik!

  10. GeseEnd is jy!🙂

  11. Ag, wonderlike genade om die lewe so te mag ervaar!

  12. Ag, wonderlike genade om die lewe so te mag ervaar!

    mariki
    http://www.fluitjiesriet.blogpress.com

  13. Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  14. Sjoe! Jy’s stil?

  15. Hoe gaan dit jong? Wat van ‘n nuwe possie?😉

  16. Marina, ek het net kom inloer om jou en jou mense ‘n Geseënde Kersfees en ‘n wonderlike 2009 toe te wens. Alles wat mooi en goed is vir jou!!!

  17. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar vir jou en jou geliefdes!!

  18. Marina, is jy nog met ons, suster? 😉

  19. Nice, nou voel ek ook happy, thnx🙂

  20. Weet jy wat Marina. Ek loop al vir weke met die worsteling in my oor mense wat nie meer gelukkig is nie, mense wat nie meer kan glimlag of grappies waardeer nie, mense wat nie die vreugde van God se liefde wil waardeer nie en net voor ek te neerslagtig raak lees ek jou blog raak!!!!!!!

    Wonderlike vreugde die ontdekking dat daar nog mense is wat vreugde in ons leeftyd ervaar. Nou voel ek ook sommer weer vol vreugde .

  21. dit is aansteeklik om gelukkig te wees

    daar is niks in die wêreld wat my so irriteer as iemand wat heeltyd mope en einltik soveel het om hul seëninge oor te kan tel nie

    ek is bly ek het jou raak gelees
    hoop jy het ‘n wonderlike naweek en moedersdag!!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: