‘n Passat, 3 kinders ‘n Pappagaai en ‘n strandbal…..

Augustus 13, 2008 om 7:24 vm | Posted in Vorige paadjies | 5 Kommentaar

             

Baie goeie vriende van ons…al vir 18 jaar. Kiewiet en sy vrou. Kiewiet het die naam omdat dit by hom pas. Het jy al ‘n kiewietjie gesien wat stadig loop? Nee, hulle is altyd aan die hardloop! Nou dit is waar Kiewiet sy naam kry!

Jare terug toe ons hulle leer ken het, het hulle ‘n ligblou Passat stasie-wa gery. Let wel die diesel model. En die van julle wat al so lank in die lewe is sal onthou hoe het daardie diesel modelle geklink as hulle “gestart” word. So kyk Kiewiet se vrou bedags na ‘n paar kleuters. Een oggend laai sy die klompie in die Passat om Biblioteek toe te vat.  ‘n Nuwe outjie in haar sorg sit voor en toe sy die Passat “start”, spring hy regop en sê “Tannie moet oppath ek thweer hier ith ieth loth in hierdie kar the enjin!”

Maar my eintlike storie kom toe Kiewiet en sy gesin een vakansie Kaap toe gaan. Dit was instelling dat die Passat gelaai word met Pa, Ma, 3 kinders en die Pappegaai Charlie. So is die gesinnetjie Kaap toe en aan die einde van die vakansie word die terugtog aangepak. Pa, Ma 3 kinders, Charlie en……….’n nuwe strandbal! Die sitplekke word platgeslaan om die terugtog so gemaklik moontlik te maak vir die kinders.

Alles gaan goed en wel totdat verveling tussen die 3 kindertjies intree. So word die platgeslaande sitplek ‘n gemaklike speelplek met die strandbal. Met die gespelery tref die bal kort-kort vir Kiewiet agter die kop en mettertyd begin sy moer-metertjie die hoogtes in skiet!  Hy begin waasku dat die vonke gaan spat as die bal hom nou nog een keer tref. Toe hulle Beaufort Wes inry tref die bal hom weer agter die kop en die gort is gaar. Net daar in die hoofstraat stop die Passat. Kiewiet spring uit die kar en hardloop agter om die kar  om die kroos uit te sorteer. Maar……..hy vergeet van die sleepwaentjie wat agter-aan die Passat gehaak is ……en slaan neer oor die disselboom!!! Hy koop sy eie stukkie grond in Beaufort Wes!  (Beautifull was hy defnitief nie toe nie!) Hy staan op pluk die deur van die kinders oop en gee elkeen ‘n goeie loesing. ‘n Kleurling vrou wat verbystap aanskou die hele petalje en toe Kiewiet die strandbal gryp en met ‘n geoefende arm die bal die lug ingooi, hardloop sy met ope arms om hierdie godgegewe geskenk vir haar kinders uit die lug te vang!

Vir die res van die terugtog is daar nie ‘n woord in die Passat gepraat nie. Die kinders was doodstil en selfs Charlie het nie sy gebruiklike “morsgat” of kekkel-laggie ge-uiter nie.

Ons spot gereeld vir Kiewiet en sê hy wil mos so graag ‘n ou erfie by die see hê, maar hy het darem al so ou stukkie grond halfpad see toe in Beaufort Wes!

 

5 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Dit laat my ook ver terug dink! Jare terug het my pa ‘n kombi gehad en ons was Hibberdene toe op pad. Iewers was daar ‘n opdraende en die bussie wou nie… In daardie dae is die bediendes mos saamgery! Een om na die kinders te kyk en een wat die vakansiehuis in stand hou…. Sal ek vergeet hoe is ons oor die brug ge-abba…. Lekker ou dae!

  2. Cool storie!

  3. whahahaha, ek het nou so lekker gelag!

  4. Ag, ek het darem simpatie met Kiewiet. Daar is niks so ergerlik as kinners wat verveeld is nie! Nie dat die bloedjies dit enigsins kan help nie, ne!

  5. Gie gie nou wonder ek lewe die African Grey nog?? En gaan hou hy steeds saam vakansie?


Lewer kommentaar op Eben Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.