…….ek is nog hier…….

Julie 3, 2008 om 11:18 vm | Posted in Vorige paadjies | 12 Kommentaar
Sleutelwoorde:

Ja ek is nog hier…..springlewendig en gesond! Weet net nie altyd of ek in die lug of op die grond is nie. En die laaste twee dae verskriklik gesukkel om te post op WP.

Ons was baie besig met ‘n groot staatstender wat ons moes indien. Ons hoop van harte dat ons dit sal kry…..maar met die staat en betaling…….hoor maar rillers.

Ons kon in die verlede voor ons die besigheid oorgeneem het kon ons altyd Julie vakansies weggaan. En hierdie jaar mis ek dit nou regtig!! Dit was altyd ons vakansie vir Natalse Noordkus en Snorkel!!!
Die mooiste snorkel plekke in ons land is by Cape Vidal, Mabibi en Kosibaai(by die mond).

Die van julle wat snorkel sal weet dat dit regtig die wonderlikste en goedkoopste ervaring van die see-lewe is. Willie probeer my oorreed om te scuba maar ek wil in beheer wees van wanneer ek my kop bo die water wil uitlig sonder enige gevaar van borrelsiekte en wat nog.

By Cape Vidal snorkel jy as jy van mense om jou hou. Omdat Julie ook gewoonlik die visvang tyd is raak die mense vir my soms baie. Die snorkel is egter pragtig en jy sien die mooiste visse.

Mabibi is die snorkel hemel van Suid Afrika. Dit is daar nie snaaks as jy met laagwater op die strand aankom en niemand anders as die Parkeraad se wag daar aanterf nie. Die gesogte Tonga Lodge is egter nou daar en ek glo so ‘n stukkie van die rustigheid is daarmee heen. As jy daar jou kop onder die water indruk voel dit asof jy in ‘n ander wêreld is. Daar het ek die ervaring gehad van ‘n nuuskierige Moray Eal wat al agter my aan geswem het. Aanvanklik het ek my lam geskrik en so onder die water gegil dat die mense saam met my gedink het dis ten minste ‘n haai wat my agtervolg. Hier wil mens nie uit die water nie…..want jy is bang jy mis iets. Ons het ook al die waterskilpaaie hier in die water gekry. As jy klaar gesnorkel het is dit heeerlik om sommer net in die rotspoele te lê en kuier, en jou vis-boek vir die 100ste keer deur te kyk en te “brag” oor watter visse jy gesien het. Mabibi is absoluut hemels!!!!
a src=”https://voetjies.files.wordpress.com/2008/07/moray-eel.jpg” alt=”” width=”143″ height=”111″ class=”alignnone size-full wp-image-88″ />

Kosibaai is ook ‘n belewenis. Waar die mere in die see mond is wonderlike snorkel plek. Dit is ongelukkig nou nie meer baie veilig om soontoe te gaan nie. Verlede jaar was daar aanvalle op mense wat daar gaan snorkel het. Met laagwater is die water baie vlak en sien jy al die klein vissies en soos die gety dan inkom en hoog raak, kom daar dan meer visse van die see se kant af in. Ons swem ook altyd tot waar die plaaslike gemeenskap hokke bou om vis te vang en elke keer kook my bloed as ek sien hoeveel van die mooi visse in die hokke is. Hulle vang ook van die klein vissies en ryg dit dan in toue om huistoe te vat vir kos. Dis ook hier by Kosibaai waar ons die “gazebo episode” gehad het. https://voetjies.wordpress.com/2007/11/02/kamp-en-tente/

Dit is dan nou waarna ek verlang op hierdie winters oggend. Waarna verlang jy??????

12 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Sjoe! Lyk of daardie vakansies regtig lekker was! Waarna veralng ek….wat anders as lekker braaivleis!???

  2. Gits ek verlang altyd na die see! Maar op die oomblik verlang ek baie na die Bosveld!!

    Bly om te sien jy’s nog hier rond!

  3. Ek verlang na die Bosveld, kampvuurtjies en diere geluide!! Mag ek ook verlang na rus en vrede???? En so bietjie meer warmte…. 😉

    Jou vakansies klink baie lekker, geen wonder jy verlang so nie.

  4. Al waarna ek verlang op hierdie winteroggend is ‘n bietjie warmte!!! 😉 Maar Cape Vidal sal ook nie te versmaai wees nie!!!!

  5. Ek verlang na hoesvrye dae.

  6. Ek kon ook nie hierdie Junie/Julie my gebruiklike week in die Noordkaap se son deurbring nie. Ek die woord Tender wil ek asb. nie hoor nie!
    Bly om te hoor jy’s springlewendig en gesond!

  7. Ek verlang na die wildtuin . . . (Daar is mos net een). Oktober is ek weer in die land, dan kan ek gaan. Jinne, ek het regtig nie besef die snorkel daar aan die Natalse noordkus is so goed nie! Ek wil baie graag gaan kyk. Ek het al op ander plekke (die Malawimeer en Samoa) gesnorkel, maar snaaks genoeg nie gedink dis so goed in goeie ou SA nie. Jou foto’s maak my regtig lus.

  8. Voetjies, ek wonder nou as sy so aangaan oor snorkel hoe jy duik gaan ervaar. Jou Willie is heeltemal reg om aan jou te karring om te duik. Duik is 100x lekkerder as snorkel en jy gaan nog baie meer ervaar. TAKE THE STEP!!!!!

    Pragtige fotos, ek wil nog ons onderwater kamera bestudeer dat ons ordentlike fotos onder die water kan neem.

    Ok, wanneer gaan jy leer duik?

  9. Watter lekkerrrrr herinneringe bring jy terug. Ons het in die middel 90’s tot so om en by 2002 elke jaar Desember 3 weke Sodwana gaan vakansie hou. Ek vang nie vis, maar mens loop maatjies ook raak wat bote het, want jou saam nooi om kostes te dek per rit, dan vang mens so vissie of twee.

    Snorkel, is reg met my, maar ooooo liewe aarde, duik werk nie. Soos jy tereg noem, mens wil in beheer wees. Maar soos Zee noem mense mis geweldig om nie onder te gaan, maar dis maar eenmaal nie Eben!! 🙂

    Tenders … wel my vrou is in die konstruksie gedryf en is ook aldag doenig met tenders, maar die betalings gedeelte is maar ‘n kopseer. As mens nie fisies ingaan na hulle kantore en seker maak jou faktuur is ingelees in hul stelsel, is dit maar gewoontlik ‘n nagmerrie. Sterkte 😉

  10. Marina, jy en Zee is braaf! EK hou net mooi niks van my kop onder die water nie!

  11. Soos my pa altyd gese^ het – vanaand verlang ek na mense wat ek nog nooit ontmoet het nie. 🙂

  12. Sjoe. Besonder mooi foto’s. Jy is gelukkig om so te kan vakansie hou.

    En my verlange vandag sal ek maar vir myself hou.


Lewer kommentaar op kyker Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.