Ken jy ‘n “Boere-mama”????

Mei 27, 2008 om 7:36 vm | Posted in Vorige paadjies | 15 Kommentaar

Dankie tog vir ons tipiese boere mamma instinkte!!!

My jongste dogter is in matriek, en sy en ‘n vriend besluit soos baie jongmense om volgende jaar die buiteland aan te durf. Die www word gefynkam en hulle plaas hulle profiel op ‘n Au Pair lys in die UK.  Na ‘n paar dae ontvang hulle terugvoer van Dr Jamie Robison in Liverpool wat hulle baie graag wil aanstel. CV’s word gevra en aangestuur. E-mails word verwissel en alles lyk belowend.

Gister begin hierdie “boere-mama” ondersoek instel na die Dr, want  sal sy nie rus tot sy alles weet van die ou nie…..tot by die onderbroek-grootte!! Google al wat ‘n mediese praktisyns- lys in die UK…..geen Dr Jamie Robison! Bel my broer by ‘n groot hospitaal in Londen en hy moet ondersoek instel.  Gister aand kry die kinders weer ‘n e-pos van die Dr wat sê hy sal solank begin met “document to enter UK” En hoe sê Nenna van Egoli “ek voel so aan my water, hier is iets nie lekker nie”  Ek google weer die naam en die eerste skakel na die naam is ‘n waarskuwing………..”au pair complaints”!!!!!

Natuurlik!!!!!! Nigeriers wat weer scam!!! Hulle gee voor hulle is hierdie welgestelde ouers wat Au Pairs soek, wissel e-posse en stel dan Reis agente voor en dan natuurlik die ou storie van geld wat gestuur moet word nadat hulle kamstig alles in orde het en klaar betaal het. Ons het hom natuurlik duidelik laat verstaan dat ons bewus is van dit waarmee hy besig is!!

Vanoggend kan ek my oë toemaak en Die Vader dank vir hierdie spesiale moeder instink wat Hy vir ons gee.

 En ek wonder hoeveel arme kinders is alreeds deur hierdie “scam” gevang!!

NEE “VAALSEUN” UIT NIGERIë…….JY KEN NIE ‘N BOERE-MAMA NIE!!!!!!

                                                                          

15 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Genade! Ek sit sommer en hoendervleis kry. Mens kan nie glo hoe skelm mense is nie. Gelukkig tog vir boere-mama’s!

  2. Ons kinders raak so opgewonde om iets te doen, dat hulle nie regtig aan gevare dink nie! Ons kan net elke dag op ons kniee gaan en vir hulle intree! Sterkte!

  3. Well done boeremamma, gelukkig dat jy sy onderbroek groote gesoek het.

    Vervlakste skelms

  4. Sjoe, dis sleg! Hoop julle kom reg met iets lekker!

  5. Dis amazing hoeveel van hierdie scamsters daar is. Ek se net dankie ek is nie met so ene gevang nie, want ek sou die perfekte kandidaat gewees het aangesien ek so haastig was vir ander werk…

  6. Mooi so Boere-mama, vir jou gaan ons nie in ‘n kas instoot nie. Jou kinders kan trots wees op jou!

  7. Knap gedaan.

  8. Ek is bly jy het al die ding voor die tyd uitgevind. Ek het al soveel gruwelike verhale gehoor.

  9. o genade, die instinkte moet mens maar altyd na luister. wel gedaan

  10. Ek woon al geruime tyd oorsee en het ook vir tyd in London gebly. Dit is regtig ongelooflik hoe ouers kinders sommer netso die vreemde kan instuur en aan hulle eie lot oorlaat. Daar het ek met my eie oe gesien hoe Suid Afrikaanse kinders op straat bedel en toetaal in ellende verval het. Dit is ‘n groot avontuur, maar mens moet maar wakker wees. Baie bly jy hou wakende oog. Mens moet net so bietjie rondsoek, daar is goeie Au Pair agentskappe.

  11. So besef ons elke dag hoeveel lokvalle daar buite is en hoe wakker ons moet wees

  12. Excellent stukkie speurwerk, boere-mama!!
    My enigste mooiste meisiekind was au-pair in Amsterdam in 2005 – maar deur ‘n reputable agentskap hier in Pretoria gewerk – ontmoeting by die kantoor self – alle dokumentasie, verwysings, lyste van oud- en indiens-au-pairs. Was ‘n dream-come-true vir haar.
    Lekker om jou weer raak te lees! Dankie vir jou kuier da by my 😉

  13. Dankie tog jy het ondersoek ingestel!
    Mooi man!

  14. Daar is maar altyd een goeie reël: As iets te goed klink om waar te wees, dan IS dis gewoonlik te goed om waar te wees.

    Het julle al matriekafskeidrok gekoop? Ons het pas vandag – die prys sal ek liewer nie noem nie!

  15. You go girl!


Lewer kommentaar op Tersia Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.