Winter

April 9, 2008 om 7:56 vm | Posted in Vorige paadjies | 6 Kommentaar
Etikette:

 Vanoggend toe ek my gordyne ooptrek toe besef ek……. die winter is hier. En ek voel hou die koue vingers om my hart vou.  Ek hou nie van die Winter nie. Ek hou nie van koudkry nie en ek hou nie van die blare wat val nie, ek hou nie van die kaal bome nie, ek hou nie van die ysige windjie nie……ek hou nie van winter nie.

Ek gaan in ‘n winter-depressie in sodra die blare begin val. Dit voel vir my of ek myself iewers wil gaan toesluit totdat die eerste groen blaartjies weer uitkom. Ek weet mens kry pragtige winterslandskappe en mens staan in verwondering oor die wonder van die skepping, maar dit maak my morbied, baie, baie morbied.

Hierdie is vir my mooi winterlandskappe

   

Maar hierdie, dis dit wat my dryf na uiterste neerslagtigheid.

      

Nou ja, daar het ek nou klaar my eerste winter-depressie uitpaksessie agter die rug….. en dit is nog nie eers heeltemal winter nie.  Ek sê jammer aan julle wat van die winter hou en ek hoop julle geniet dit. En ek hoop daar is nog iemand iewers wat voel soos ek oor die winter…..’seblief sê daar is!

……want ek sien al klaar weer uit hierna………….

                                                         

 

6 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. O ja ek voel ook so, ek is seker ek moes eerder ‘n ou bruinbeer gewees het wat kan hiberneer. Come to think of it, in die winter is ek soos ‘n bruinbeer, bekonkeld en vol draadwerk. :mrgreen:

  2. Daai fotos is bietjie aan die klein kant, maar ek vind SA se sonnige winters met blou lug glad nie neerslagtig nie. Inteendeel, ek smag daarna.

  3. Voetjies ek hou ook nie van die winter nie. Net omdat alles vir my altyd so droog en dor lyk. My pantserdrag teen die koue weeg ook ‘n ton.

  4. JY hoef gladnie sleg te voel omdat jy nie van die winter hou nie, ek dink die meeste van ons hou nie van die winter nie. Als is so vaal en dan praat ek nie eers van al daardie baie wasgoed wat gewas moet word nie!!!!!!!

  5. Daar is seker ietsie moois in die dorre wintertonele, maar dit werk ook nie vir my gemoed nie. As jou vingers so koud is dat jy dit nie kan beweeg nie. Ag nee.

  6. Ek hou weer van die winter, maar dit is waarskynlik omdat ons ou plekkie nie naastenby so koud word as die res van die land nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: