Nuwe baba’s

Maart 31, 2008 om 2:20 nm | Posted in Vorige paadjies | 6 Kommentaar

avatar_8042.jpg

Ek lees op baie blogs van babatjies wat oppad is. En ek wonder hoeveel van ons blog-mammas wat se kinders al groot is dink terug aan die tye  toe hulle babatjies gehad het? Wel ek doen.

Toe ons oudste oppad was (1987) was dit hoogmode om voorgeboorteklasse by te woon. Die “ghurru” destyds in Pretoria was Tannie Anna Cronje. ALMAL het van haar geweet en jong toekomstige mammas het tougestaan vir klasse by haar. So het sy ons ook voorberei  vir hierdie groot gebeurtenis in ons lewe. Toekomstige pa’s moes ook een of twee klasse bywoon en dit was natuurlik ‘n bron van groot snaaksighede.

So vertel sy ons van die tassie wat jy moet pak ten minste 2 maande voor die tyd ….en ek doen dit. Ek pak ook die nuwe baba se sak vir die dag as ons tweetjies huistoe gaan, en sit dit neer waar pa dit kan sien die dag as ons uitkom. Ek wys hom ook die sak en herinner hom telkens om NIE die sak te vergeet nie!  Die tyd breek aan en ek, en pa, en my tassie is hospitaal toe. Clarissa word gebore en die dag breek aan dat ons kan huistoe gaan.  Daardie dae was daar nie selfone nie en die suster aan diens bel sommer vir pa en laat weet sy kosbare vraggie kan gehaal word.

Pa daag op…..breë bors en gereed! Maar toe ek vra waar is die baba se sak wat gereed in die nuwe babakamer staan, val sy gesig. Die sak staan by die huis. Terug ry is buite die kwessie en my verstand werk oortyd. Vroeër die week het vriendinne vir my kom kuier, een het ‘n doek gebring wat sy een keer by my geleen het vir haar baba, die ander bring ‘n kaartjie met ‘n doekspeld voor aan vasgesteek. Daar het baba toe ‘n doek en ‘n speld. Willie het ook gedurende die week ‘n dra-bedjie gekoop en sommer daar by my kom los en saam daarmee die pragtigste kanterigste waterdigte broekie. Ek sit die doek vir Clarissa aan, met die speld, en trek die broekie aan. Ek draai ons eersgeborene styf toe in my nagrok en druk my japon knussies oor haar in die nuwe dra-bedjie. Intussen staan Willie en waghou by die deur en keer al wat suster is wat wil kom help. Daardie jare het die susters ook nog vir jou die baba kar toe gedra en jou daar afgesien. Vandag doen ons dit anders dink ek by myself. Willie neem die dra-bedjie trots en begin vasberade aanstap. En arme ek….ek moet die personeel face en verduidelik dat hierdie pa nie meer kan wag nie en ons sommer self sal regkom, geen hulp is meer nodig nie dankie!

Soos blits is hierdie nuwe ouerpaar by die hospitaal uit en in die kar. Veilig tuis kom vertel buurvrou my hoe sy gestaan en dophou het die dag toe Willie ons gaan haal het. Sy het te vertelle dat hy drie keer kar toe geloop het en telkens moes omdraai om iets te gaan doen in die huis……maar drie keer het hy nie die baba-sak onthou nie.

So my raad aan al die nuwe mammas……….gaan eerder met ‘n hengse  trek hospitaal toe, en moenie die toekomstige pa met te veel takies opsaal nie!! Laat jou nuwe baba ten minste goed geklee tuis kom!!

Maar bowenal…….GENIET ELKE OOMBLIK DAARVAN!!

avatar_9052.jpg

6 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Marina, ek sien hier in my geestesoog hoe julle uitsluip uit die hospitaal. Dit was nou n lekker storie om te lees.

    Ek stem saam met jou, gaan goed voorbereid hospitaal toe want die nuwe pappas kan darem maar verstrooid wees.

  2. Marina, ek sou een van die susters wees wat julle agterna kyk en dink: “shame, die arme bloedjie.”😛 Jy laat my nou baie dink aan my kraamsaaljare…

  3. Hehe! Dis darem iets waaroor julle lekker kan giggel vandag!

    En ek stem, al die nuwe baba’s wat afgelewer gaan word, laat my ook terugdink aan daardie dae. En dit voel nie so ver terug nie, al is dit al 19 jaar! Maar dis so lekker om te onthou.

  4. hoe verlang ek nou na my jong jare!!

    Lekker gelees

  5. Ouboet is 380km van die huis af gebore en Poppedyn 220km van die huis af. Dit was elke keer ‘n familie-uittog en ek’t gelukkig elke keer die kar self gepak! Boepens and all!

  6. Ja, dit was ‘lekker’, maar wil dit nie oor hê nie. Die 1ste een moes ek myself hospitaal toe ry. Kraampyne en al. Liefie was by die werk en ons het nie gedink mannetjie sal besluit om dan te kom nie. Anyway, lang stories. Dankie vir die lekker lag.😀


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: