Dierbare Dellie……

Maart 27, 2008 om 12:39 nm | Posted in Vorige paadjies | 6 Kommentaar

Dit is vir my wonderlik hoe bande gesmee word op die blogs.  Ek ken nie vir nie Dellie, maar kon op haar knoppie druk vir hulp met WordPress.  Ek is regtig rekenaar gestremd  en kry nie altyd alles lekker reg met die bloggery nie.

Dankie Dellie vir jou hulp en aanstuur van ‘n verstaanbare dokument met al die hulp wat nodig is. Ek sal nou maar gaan sit en alles deeglik bestudeer en wie weet ……. dalk lyk my possie ook een van die dae ‘n bietjie meer interessant!

Ek is tans bietjie skaars op die blog maar my broer is nog by ons en ek is taamlik besig rondom sy versorging.

Ek laat die volgende gedagte by julle:  “to the world you might be one person…

                                                                     but to one person you might be the world…….

6 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. My feelings exactly… Wat ons sonner haar sou gedoen het is ‘n raaisel. Thanks Dellie en Thanx Kaalvoet vir die mooi gebaar.

  2. Dellie is ‘n skattebol.

    Marina, hoe gaan dit nou met jou broer?

  3. Marina – sterkte met die versorging van jou broer.

  4. Hi Marina,
    Ek bly ook in Centurion! Het per ongeluk op jou blog afgekom!
    Sterkte van my ook met die versorging van jou broer!
    Dellie lyk vir ook na die versorger hier in die blog wêreld!!
    Lekker week

  5. Dankie Marina. Jy laat my bloos! Dis ‘n plesier om te help.

    Sterkte vir jou boetie, en lekker week!

  6. Boendoe, Attie, Wip en Dellie, Dit gaan effens beter met my broer. Kan nog nie self loop of hande en arms gebruik nie. Hy gaan egter die einde April terug na sy plekkie in Kestell.Hy het daar ‘n woonstelletjie in die Koshuis. Ek sal ‘n paar dae saamgaan om almal wat daar gaan help versorg op hoogte te kry van alles. Hy voel nou om terug te gaan na sy eie omgewing en mense….ek kan dit insien en sal nog steeds ondersteun so ver ek kan!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: