Mag ek maar droom?

Maart 11, 2008 om 1:22 nm | Posted in Vorige paadjies | 6 Kommentaar

Wie van julle voel soos ek? Moeg vir die gejaag en geskarrel…….waarna?

Mag ek vandag droom van ‘n wit rietdakhuisie by Struisbaai?

Mag ek droom van ‘n paar hoendertjies wat om die huis rondskrop?

Mag ek droom van ‘n groentetuintjie (natuurlik omhein…..daar’s hoendertjies jy weet!)

Mag ek droom van daardie unieke kleur van die see, en daardie spesiale waai van die wind?

Mag ek droom van gaan vis koop by die “skyde”?

Ek is moeg vir die stad………..Mag ek maar droom?

6 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Marina, jy mag maar!
    Maar mag ek maar ‘n aartspessimis ook wees?! Na drie maande gaan jy dit mis om gou ‘n Cadbury slab en ‘n Huisgenoot by die supermark om die draai te gaan koop. Jy gaan doodsverveeld wees en smag om jou breinselle weer aktief te kry. Maar…dalk is dit wat jy nodig het om ‘n wenboek te skryf. Dan kan jy gaan aftree op die Franse Riviera! (Okei, ek kan mos ook droom…!)

  2. Boendoe, Aftree op die Franse Riviera klink na ‘n opsie,maar ek sal iets anders moet doen om daar te kom, ek weet nie van die boek skrywery nie..🙂

  3. Droom jou mooi droom Voetjies!

  4. Voetjies, niks verkeerd met droom nie…. dit mag dalk net waar word, who knows!

  5. My persoonlike gunsteling gedig is van WB Yeats The lake isle of innisfree, dit verwoord presies waarna jy smag.

  6. Ja! Asseblief, droom! Ons droom saam!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: