10 dinge vat my afpp

Februarie 6, 2008 om 10:15 vm | Posted in Uncategorized | 9 Kommentaar

 Xanika het my “getag” en die volgende sal my maak ‘n pofadder oopmond soen….

1.  Mense wat kuier op die telefoon …..ten spyte van lang stiltes wat niemand iets sê nie. 

2.  Taxi’s wat in die geel streep by my verbyskiet terwyl ek wetsgehoorsaam in die verkeer vassit.

3.  Mense wat dink geld en status is alles in die lewe.

4.  Slegte tafelmaniere!!!!

5.  As ek nie op kantoor is nie en iemand werk op my rekenaar……en maak dan foute!

6.  Ouers wat hulle jong kindertjies voor langs hulle in die kar laat sit sonder ‘n veiligheidsgordel

7.  Diere- en Kindermishandeling.

8.  As my man jaag en dink hy moet alles uithaal om heel voor AL die  karre op die snelweg kom! En dan sê hy vir my hy doen dit want hy KAN!

9.  Ons mede – landgenote wat nie weet om duidelik oor ‘n telefonn te praat nie!

10.  Laaste maar defnitief nie die minste nie………KOUE BADWATER  veral as ek my regmaak vir ‘n lekker lang bad en die hele huishouding het voor my dieselfde idee gehad!

 Ek Tag vir Eben en Vygie

9 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Ek stem saam met jou 6, 7 en 10. Dankie vir die tag. Ek aanvaar!

  2. Koue badwater. ‘n Killer as jy dit nie verwag het nie…

  3. lekker gegiggel nou

  4. Daai nommer 3 – O aarde!!!!

  5. Ek stem. ‘n Koue bad is AAKLIG!

  6. Marina,
    Wat is nuus oor jou boet en die mediese fonds?

  7. Waar kan ons na Sonnie se liedjies gaan luister?

  8. Mense met slegte tafelmaniere is ook ‘n groot no-no vir my. Veral as hulle so oopmond kou… gross!

  9. Marina, hoop nie daar is pofadders in Pierre van Ryneveld nie! Ek sou nie aanraai dat jy hulle oopmond soen nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: