Terugvoer ….. en my liewe man.

Januarie 30, 2008 om 8:36 vm | Posted in Vorige paadjies | 14 Kommentaar

Ek kan terugvoer gee oor my broer.  Ek is baie bly om te kan sê my broer kan met ondersteuning darem nou al kort entjies voetjie vir voetjie loop! Daar is egter nog geen beheer oor die arms en hande nie.  Hy is sedert verlede Woensdag in ‘n Stepdown eenheid en die mediese fonds sou tot vandag betaal. Ek wag dus in spanning om te hoor of die dr. se aansoek vir nog ‘n paar dae suksesvol was. In dien nie moet hy na my toe kom vir verdere versorging. Ek sal dan maar gebruikmaak van ‘n instansie wat careworkers uitplaas om my te help. Hy dra nog doeke en kan niks vir homself doen nie.  So, hou asseblief duime vas vir nog ‘n paar dae in die eenheid!

Julle het nou al in’n vorige post gelees van my man.  En toe ek Da Mario se post oor PMS lees toe sit ek en wonder oor die mansgeslag…….. en ek besef ‘n man se ego is iets wat jy nie moet onderskat nie en nie moet aantas nie.

So ‘n paar jaar terug voel my man ek het nou lank genoeg aangekruie met my ou Soho’tjie en hy koop vir my ‘n mooi wit Mercedes A190.  Man ek is soooo in my skik en pas my karretjie op soos goud.  Een ogged by die aerobiese klasse vertel ‘n vrou  hoe sy die oggend moes sukkel om haar kar uit die garage te kry, want haar kant se deur wou om die dood nie oopmaak nie.  Sy manouvre toe haar kar met heen-en-weer aanby die ander kant se deur uit.  Die aand vertel ek dit vir manlief. Sy antwoord:  “Ag dis maklik, ek wed jou ek sal JOU  kar in ons garage kan OMDRAAI en aan my kant uitry” Vannaand word my kar in flarde gestamp dink ek by myself.  Willie klim ewe kordaat agter die wiel in en die uitmergelende proses van klein entjies vorentoe, agtertoe, uitklim, kyk, inklim vorentoe, agtertoe, begin! Ek fladder soos ‘n brommer om ‘n dr– al om my kar om telkens te sien hoe hy rakelings in millimeters die mure en kaste mis. Ek sien hoe Willie begin sweet, ek sien hoe ek die weddenskap wen, maar ek sien ook hoe my man se ego aan flarde lê. Maar nie my liewe man nie!  Na wat ‘n ewigheid voel stuur hy die kar vir die laaste keer vorentoe, agtertoe en voila uit by die deur! Maar helaas skuur die voorste buffer teen die garagedeur en daar sit die merk!  (Partymense praat mos van ‘n brandewynvlek) Darem nie te erg nie, maar sigbaar!  Maar die hoofsaak……..my kar is omgedraai in die garage!!! Ek moes natuurlik baie kere verduidelik waar die skraap vandaan kom en die storie het baie wyd gedraai. Maar pa se ego is ongedeerd! Hy het verlede jaar vir hom ‘n nuwe kar gekoop en moes natuurlik heelwat kere hoor of hy hom ook gaan omdraai in die garage.

My liewe man is die bron van baie giggels in ons huis. Hy besit die vermoë om woorde en name verskriklik te verrinneweer.                                                                                                                                                                                       Die bure se hond is Chitto, Willie noem hom “PINTO”                                                                                                Facebook, word “FACELIFT”                                                                                                                                                             Die snaaksste van die afgelope week was die fliek Rattatouille wat “RATTATOLLIE” geword het.

………….MY LIEWE MAN!!!!!!!

14 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Dis darem lekker om ‘n man te hê wat jou kan laat giggel, né! Ek wil ook vreeslik graag RATTATOLLIE sien!😆

    Ek is baie bly dit gaan beter met jou broer. Sterkte met die versorging!

  2. Ek is ook bly om te hoor dat daar al verbetering by jou broer is en ek hou regtig duim vas dat sy dokter toestemming kry by die mediese fonds om hom nog bietjie langer daar te hou. Kan nie ‘n maklike taak wees om iemand te versorg nie… Sterkte daarmee!!

    My man is net so laf en ek geniet dit gewoonlik, behalwe as ek met die verkeerde voet uit die bed geklim het of as perimenopousale simptome hulle kop uitsteek!😉 . Anyway, by ons is “Neapolitaanse” roomys na “Metropolitaanse” roomys herdoop!! 🙂

  3. Ons dink steeds aan jou broer.

    Sê vir jou man hy moet asseblief begin blog! (Mens kan ook mos meer as een outeur op dieselfde blog hê.)

  4. Mediese fondse maak my siek. Mens betaal elke maand getrou en gebruik dit omtrent nooit, maar boeta, laat jy hulle nou net een keer REGTIG nodig he! Wat het hulle toe besluit?

    Jou man en Oom Oubaas dalk familie?! 😀

  5. Dankie almal…..ons stoei nog met die mediese fonds!
    Die Dr het gister gesê die herstel van sy hande en arms gaan 1 jaar neem!

    Mykop…….my man sal nie blog nie…..hy mail nie eers ‘n brief nie.

    LOL @ Boendoe🙂

  6. Baie sterkte met jou broer ….

  7. Oi. ‘n Jaar is ‘n lang tyd… Ek hou duimvas die mediese fonds gee in.

  8. Solank jy sy gevleuelde woorde vir ons deurgee!

  9. Mans se ego’s – daarsonder sou julle vrouens waarskynlik bitter min gehad het om oor te lag.

  10. Marina
    Dankie vir jou inloer op my blog. Hoop dit kan vorentoe vir jou darem ‘n oomblik van sinnelose ontvlugting en lag bied.

    Ek ken jou nie, maar jou omstandighede met jou broer maak van jou ‘n ou bekende. Elke dag op ‘n slag. Veral as jy na hom begin kyk. Kyk altyd eers na jouself en hou jou self gesond geestelik en liggaamlik. Dan kan jy hom beter help.

    Ek sal kom loer en aanmoedig soos jy aangaan. Ek is self deur so ‘n ding, so vra maar as jy voel jy haak vas.

    Karl

  11. Marina

    ‘n Bos vituele rose vir jou. Jy is die wenner van ons raaisel op my blog. Wel jy was ook die enigste inkrywer, maar dit ontneem jou nie die bos rose nie – hehehehhe

    Dankie en groetnis
    Karl

  12. Hi! Ek kuier hopeloos te min by jou – hoe gaan dit nou met jou broer?

    Ek was gister heeldag tranerig oor Cobus Groenewald (jy kan van hom lees onder die Andries Olivier skakel op my blog). Hy is in ‘n koma en die dokters weet nie wat fout is nie. Hy het in die laaste paar maande operasies gehad vir bedsere en ek dink dit is maar die afdraende pad wat ‘n oorgewig invalide loop.

    Ek kry sy ouers veral jammer. Hy is hul enigste en is vandat hy 19 is verlam – rugby. Sy ouers is doodgoeie Afrikaners – spoorwegpensioenarisse. Glo my, hulle het pennies blink gevryf om te sorg dat hy versorg sal wees as hulle wegval en daar is goed voorsiening gemaak. Al die jare was hulle met die minste tevrede en nou is hulle oud en moeg en dit lyk my hulle gaan hulle seun binnekort begrawe; sonder kleinkinders. Dit is so hartseer.

  13. Voetjies, daai post was darem maar erg tong in die kies gewees hoor…😉
    Anyways, sterkte met jou broer, en OBVIOUSLY kan enige man ‘n kar omdraai in ‘n Garage…😈


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: