2007…..2008…..engele om ons!

Januarie 14, 2008 om 8:36 vm | Posted in Vorige paadjies | 20 Kommentaar

Ek kan nie glo hier is ons al klaar in die helfte van Januarie nie, en nou eers kan ek julle almal voorspoed toewens vir 2008!  Ek hoop dat dit vir almal ‘n jaar vol Vrede, Vreugde en Geluk sal inhou. Julle is almal vir my baie spesiaal, elkeen op sy eie manier…. en dankie daarvoor! 

Vir my het 2007 stormagtig afgesluit en 2008 net so stormagtig begin. Op 6 Desember word my ouboet vanaf Bethlehem per ambulans oorgeplaas na Little Company of Mary hier in Pretoria. Hy word gediagnoseer met Gullain Barre Sindroom. Stelselmatig het verlamming  deur sy hele lyf ingetree, maar gelukkig betyds behandeling ontvang sodat verlamming nie die asemhaling aantas nie. Hy spring dus die ventilator vry. Hy was vir 25 dae in Intensief en word tans nog steeds behandel in die Neorologiese afdeling van die hospitaal.  Daar is al geringe beheer oor sekere van sy arm  en beenspiere maar kan nog niks vir homself doen nie.  Hy is etlike jare terug geskei dus pendel ek 2 maal per dag na die hospitaal sodat hy darem nie heel dag alleen is nie.

Wat vir hom en ons erg was, was om Kersdag en Nuwejaarsdag in die hospitaal te wees. Ons het beide die dae maar ons mandjies gepak en die dae by hom deurgebring.

Om by te dra tot ons hartseer het my kleinboet op die 16de Desember vertrek na Londen om daar te gaan werk. So julle kan net dink wat my gemoedstoestand was met oorgang ’07 na ’08.

Verder wil ek vandag ‘n lansie breek vir die verpleegpersoneel van LCOM. Tot dusver het ons nog net uitstekende diens van hulle ontvang en kan ons met reg praat van engele om ons. Hulle behandel my boer met uiterste sorg en toegewydheid. Veral in die Intensiewe Eenheid was hulle absoluut wonderlik!  Die personeel van die Rehabilitasie Eenheid (fisio-en Arbeidsterapeute) is twee Godgegewe engele!

Om  te bewys hoe getrou Ons Vader is vertel my broer ons hoe hy nou al ‘n paar nagte wakker gemaak word deur iemand wat baie saggies oor sy voorkop vryf en dan ook sy bene saggies vryf. Hy voel gladnie bedreig of bang deur die situasie nie, maar uiters kalm! Onsigbare engele om ons???

20 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Eish………………..

    En ja… ek glo aan daai engele… baie beslis!

    (((((HUGGLES)))))

  2. Ek is jammer om dit te hoor! Ek hoop daar sal spoedig beterskap wees.

  3. Marina, nou weet ek hoekom jy so skaars was. Jou inskrywing gee my hoendervleis. Ek glo in engele om ons. Ek hoop dit gaan gou beter. Hou ons op hoogte, sal jy?

  4. Jip, daar is baie engele om ons. Ons weet net nie hoe om hulle te herken nie.

    Hoop daar is gou ‘n verbetering, maar ek is nie lekker clued-up met hierdie siekte nie. Wat is die kanse op herstel?

  5. (((Marina))) Sterkte , ons dink aan julle!

  6. Baie sterkte! Ek bid vir julle. Mens voel soms so magteloos, maar moet net eenvoudig aangaan! Hoop hy voel gou baie beter om daardie piekniekmandjie eerder iewers rustig onder ‘n boom te gaan sit en geniet! Liefies

  7. Marina,

    Ons vergeet soms van juis hierdie engele waarvan jy praat, maar ek glo hulle is daar. Elke dag sien ons hulle teenwoordigheid in ons lewens, kyk soms net bo-oor hulle.

    Ek bid vir jou broer.

    Rachelle

  8. Ek glo daar is ‘n Guardian Angel wat oor elkeen van ons waak, daai fladder gevoel wat mens partykeer so oor jou voel, ek sweer dis hulle! Baie sterkte vir jou ouboet.

  9. Natuurlik is daar engele om ons…sterkte

  10. Marina – Ons dogter was ook daar vir ‘n operasie en dit is so, die diens was wonderlik. Engele – natuurlik gee Hy sy engele opdrag aangaande elke een van ons.

  11. Marina, ja, duidelik is goeie goed skaars. Bly jy’s terug in blog-land en baie sterkte vir julle. ((voetertjies))

  12. Marina

    Baie sterkte vir jou en jou broer en ek glo ook dat daar engele is. Ek moet saam met jou stem, my Pa was verlede jaar daar by Little Company of Mary in die ICU gewees en die personeel is fantasties gewees. Selfs die dag met my Pa se dood daar het hulle ons so mooi ondersteun en hulle het ons gelos en tyd gegun by my Pa om afkeid te neem. Gesê ons kan solank as wat ons wil daar by hom sit.

    Ons bid vir julle

  13. Hello, geniet die naweek.

  14. Mev Marina

    Woorde ontbreek.

    Engele: ongetwyfeld. (.)

    Sterkte. Mev Marina en jou gesin is in ding se huis se gebede.

    Terloops: is kommunikasie tussen manman en die engele om hom moontlik?

  15. Ek glo en WEET daar is Engele om ons. Ek het dit self beleef met die afsterwe van my eie pappie.

    Baie baie sterkte vir jou broer, asook familie, jy is in my gebede.

  16. JA daar is ENGELE om ons. Baie sterkte.

  17. Wil net vir julle almal dankie se^ vir die ondersteunende wense en……..
    OUBOET HET GISTER MET ONDERSTEUNING GELOOP!!!!!
    Hy was gister aand in trane toe hy ons dit vertel. Ons is sooooo dankbaar!
    (((HUGS)))) vir julle almal!

  18. Marina, dis wonderlike nuus. Ek is soooo bly!

  19. Wonderlik! Iets positiefs in hierdie grou dag!

  20. Hoe gaan dit nou daar?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: