Tag- speletjie

November 27, 2007 om 8:30 vm | Posted in Vorige paadjies | 14 Kommentaar

Hier sit Boendoe my omtrent aan die dink……..

Hexi, Koeks, Lapr en Tersia ek tag julle om vir ons 8 interesanthede van julle-self te vertel!!

1.  Ek is ‘n “loner”.  Omdat ek die enigste dogter is, en die ouderdomsverskille tussen my en my broers baie groot is, het ek baie op my eie groot geword. Ek kan nie ‘n klomp mense rondom my hanteer nie.  Ek vermy bv. besige inkopiesentrums en verkies om vroeg in die oggend te gaan shop as dit nog stil is.

2.  Ek koester hegte vriendskappe en hou van kuier met pelle. Ek sien myself as ‘n goeie vriendin en het al twee vriendinne se egskeidings saam met hulle deurleef. Slaapplek gegee en voete gevryf as dit nodig was.

3.  Ek lei baie erg aan hoogtevrees, en het ten spyte daarvan al Mount Aux Source geklim, maar nie die kettingleer nie, tot daar het ek al drie keer gehuil. Toe ons egter die middag daar weg ry het ek die belofte gemaak dat daardie flippen berg my nooit weer sien nie!

4.  Ek het al vir die TV lisensie inspekteur gejok.  Dit was lank terug en toe hy vra om ons lisensie te sien, het ek vir hom gese ek kuier net by die mense en ek weet nie waar hulle dit bere nie. 

5.  Ek het ‘n boetie verloor in 1970 in ‘n groot skoolbusramp. Ek was 9 en hy 18. Daar is 13 kinders met een begrafnis begrawe.  Tot vandag is dit vir my baie erg om ‘n begrafnis by te woon.

6.  Tegnologies is ek gestrem.  Dat ek kan blog is ‘n wonderwerk!  Drie jaar terug moes ek ‘n keuse maak in my beroep en kies toe om my man te join in die besigheid.  Ek moes vinnig van rekenaars en Pastell en baie ander dinge leer.  Ek maak nog steeds lysies van al die stappe wat ek moet volg om ‘n proses afgehandel te kry. As oud onderwyseres geld die gesegde “ons sal dit doen, en weer doen tot ons dit reg doen”

7.  Ek sal in die nag opstaan vir ‘n pakkie Chips en doopsous. Ek kan ‘n hele groot pak chips alleen opeet sonder om te blik of te bloos.

8.  Ek het al ‘n prys gewen waar Zack du Plessis (Frik van Vetkoekpaleis)  die beoordelaar was.  Dit was ‘n Lady’s Night(sjj… met ‘n danser) en ons moes elkeen ‘n grap vertel om toegelaat te word.  My grap het gewen.

14 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Jy is snaaks! Ek dog jy is die voorbeeldige soort, nou moet ek hoor jy het vir die tv lisensie inspekteur gejok!! Hahaha!!!

  2. Nommer 4 het my lekker laat giggel. Toe daai omie eendag by ons opgedaag het, het ek vreeslik opgewonde kamer toe gestorm om die lisensie te gaan haal… net om te besef dis ‘n hondelisensie wat ek het, nie ‘n TV lisensie nie!😆 Toe sê ek maar vir hom ons het onlangs in die huis ingetrek, en die ding moet nog erens weggepak wees…

  3. 1. Ons is ses kinders, en ek onthou hoe ons baklei het om ‘n pak chips. “Ma! Steed vat meer as een chip!”
    2. My tone lyk soos skilpadkoppe…😦
    3. Ek is ‘n “backseat driver”, vreeslik bang vir spoed. Het een jaar met die bus afgery Witbank toe en heeltyd vir die drywer vertel hoe om te bestuur! Ek dink hy was so verlig toe ek afklim!
    4. Ek het ook al ‘n prys gewen op Noot vir Noot, toe Johan by ons was in Witbank. Ek het 2de gekom en “highlights” gewen vir my hare. Dit was nice.
    5. My Engels is beroerd en met my eerste werk moes ek die ou deurskakel en sê vir hom:”One moment I’ll skekkel you through”. Ek voel nou nog stupid as ek daaraan dink!
    6. Met die TV lisensie het ek ‘n ou “portable” tv gehad wat stukkend was. Toe die man daar aankom en die lisensie soek, het my man die tvtjie gevat en stukkend gegooi voor die man en gesê:” DA NOU HET ONS NIE MEER ‘N TV NIE!” Ek wens jy kon daai man se gesig sien!
    7. Ek is ook verslaaf aan sout en asyn chips met grinadella joghurt! Devine.
    8. Ek besef nou, dis moeilik om net 8 goed van jouself te sit en uitdink!

  4. Voetertjies, WAT? WAS? DIE? GRAP? Ek moet weet! (nr. 8)

    Hexi, “One moment I’ll skekkel you through”. Freakin hillarious!

  5. Hallo! Waar kom ‘darkies’ nou vandaan. Ek het bedoel nommer agt!

  6. 😀 “skekkel you through”, indeed!! Hahaha!!

  7. Ja, ek wil ook weet wat die grap was!

  8. Ek wil ook weet wat was die grap! Hexie! Skreeusnaaks!😆

  9. Ek het julle mos al vertel ek is nie so wel ter tale soos julle almal met die geblog nie. Eintlik is daar nie veel te se nie! Ek is kombuis en rekenaar gestremd! Eks ‘n Vrystater!!!!! Ek bly by 3 mans en die huis is vol reptiele, slange, skilpaaie en bearded dragons! Verder is ek baie lief vir tuinmaak, wag net vir die nuwe tuin wat in vooruitsig is!
    Wat ek nie baie graag noem nie, is dat ek baie maklik huil!! Karen Kingsbury se boeke laat my winkels toe gaan met ‘n donkerbril!
    Ek het net 1 vriendin, my rekenaar (epos) en my selfoon (sms e) is my ander pelle!
    Eks nie goed met grappe nie en kan ook nie Engels praat nie! Ek kan baie meer se in Sotho!
    Verder is ek altyd op ‘n dieet, as ek net kan ewig verloor!
    En… die 3 mans maak dat ek deesdae vinnig silwer strepies in my hare kry!

  10. Kom jy nie shopping doen by Kolonnade nie? Ek bly 900m vandaar! Laat my weet, dan reel ons ‘n koffie! Kom julle nie Saterdag na Oxygen gym sterk-man dag nie? Gaan kyk op BB se blog. Ons sal daar wees!

  11. pandora@supermail.co.za

  12. Ons is die hele Desember tuis, sover, want al wat konstant is in my lewe is verandering!

  13. ROFL!!! My dag is gemaak….. Eish.. en daai NARKOSE ‘stukkie’! BRILJANTTTT!!!!!

  14. Die TV inspekteur ene gaan ek gebruik hierdie jaar. Oh my word, dit is ‘n skitterende een.

    Iewers op ‘n blog (behoede my dat dit nie joue is nie!!) was daar ‘n joke dat jy R500 borg kry as jy vermoor, maar die boete vir ‘n TV lisensie is R1000. Die oplossing: kill the TV inspector, you’ll save R500!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: