Mans en Narkose.

November 20, 2007 om 8:20 nm | Posted in Vorige paadjies | 16 Kommentaar

Willie is opgeneem in die hospitaal met ‘n diep liggende trombose in sy been. Dit is die tweede keer hierdie jaar. Die vorige een is deur sy long en ons is baie dankbaar dat hy dit oorleef het.

Sit ek en hy en gesels en verseker ek hom dat ek so bly is hy hoef nie narkose te kry vir die toestand waarin hy is nie. Lekker lag ons oor die uitwerking wat narkose op hom het.

Dit is mos net so dat narkose jou laat verander in ‘n mens wat jy eintlik nie wil ken nie. Ek wil nou nie my kop te ver uitsteek nie , maar ek dink mans toon erger simptome as vrouens. Party wil net veg as hulle wakker word, party huil, sommige vloek verskriklik en so kan die lysie aangaan. Willie word vryerig……verskriklik vryerig!

‘n Paar jaar gelede ontwikkel hy  verskriklike oorpyn en die oor-neus – en keelspesialis voer aan dit is as gevolg van sinus en hy moet ‘n operasie ondergaan. Ons is vroeg-oggend by die dag-kliniek en hy word teater toe geneem. In dieselfde saal le ‘n ou wat in ons kerk is en saam met my in die koor sing, en ons kuier terwyl ek wag.  Na ‘n ruk hoor ek ‘n verskriklike gekerm en gekla in die gang.  Ek wag om te sien watter noodgeval hier aankom net om te sien dit is my “geliefde ” wat sy lot so bekla. Eers dog ek hy is deur die verkeerde spesialis geopereer, want onder sy neus is ‘n rolletjie watte met twee lussies aan die kante wat oor die ore haak. (Dit lyk kompleet asof ‘n ginekoloog hierdie operasie gedoen het) Later sou ek sien al die sinus-pasiente loop met hierdie afskuwelike rolletjies.

 Ek doen toe wat enige bekommerde vrou sal doen, staan langs sy bed en streel oor sy kop om hom te kalmeer. Die uitwerking? Nie wat ek verwag het nie! My man gryp my in ‘n greep en trek my saam met hom plat op die bed en vertel my net hoe lief hy my het! Na ‘n hewige gewriemel kon ek myself uit sy ystergreep bevry, en moes hoor hoe die res van die mense in die saal proes van die lag. Hy kon natuurlik na die tyd niks onthou van die episode nie.

‘n Jaar later pak die oorpyn hom weer en die dokter stel die keer voor dat hy pypies in sy ore moet kry. Hy kry baie swaar met middel-oor ontsteking en besef die pypies is al uitweg.

Hierdie keer meld ons aan by Pretoria Oos hospitaal. Ek lees vir Willie uit die Leviete en vra hom om homself asseblief te gedra as hy uit die teater uit kom! Maar helaas! Hy is heelwat kalmer terwyl hulle hom terugstoot in die kamer, maar na 5 minute trek hy los met ‘n relaas. (Vir agtergrond tot die relaas moet ek eers inligting gee oor ons besigheid. Ons verskaf vee-hanteringstoerusting aan boere en ko-operasies landwyd. Ons produkte sluit onder andere in, prodders,immobiliseerders en so meer . Nog ‘n produk is ‘n neon pienk kierie wat ons uit Amerika invoer. Die kierie is uitstekend vir boere met die sortering en aanjaag van beeste. ) Wat hy toe kwytraak is in die volgende trant:” Ek ish Willie Sho….  Ek ish van SH.A VET. Maar vandag worry ek f@k@l want Ahmed(ons produksie bestuurder) shal shorg!!  Onsh verkoop proddersh, i..bi..mo..bili..sheerdersh  en pienk kierieshh!” Die volgende oomblik vat hy die laken hier by sy bors met albei hande vas, so asof hy hom wil afpluk en s^e kliphard  “Wil julle dalk my pienk kierie sien?” En daar pluk hy die laken af! Gelukig is ek rats genoeg en gryp die laken voor hy homself voor almal ontbloot!  Hy gryp toe my hande en s^e:  “Jy  dink mos ek is vryerig, kom ek wys jou wat is vryerig!” Vinniger as ‘n vetgesmeerde paling is ek uit sy greep en uit by die deur. Buite in die gang lag ek so dat die trane loop en die mense dink ek huil oor iemand. ‘n Hele paar keer probeer ek terug gaan in die saal, maar elke keer oorval ‘n lagbui my en moet ek weer omdraai. Ek is uiteindelik terug by hom en hy het ‘n lot onsin kwytgeraak.  Onder andere die outjie wat in een van die ander beddens was se dokter aangevat omdat die dokter kwansuis sy “pel” daar weg het en nog nie weer teruggebring het nie.

Hy ontken natuurlik al die bogenoemde gebeure want hy kan nie ‘n dooie duit daarvan onthou nie. As daar dus enigsins melding gemaak word van enige hospitaal prosedures is my eerste vraag “Moet hy narkose kry?” Ek is BAIE lief vir my man en sal hom altyd bystaan, maar onder die invloed van narkose……daar wonder ek oor die sinnetjie “for better or worse, in sickness and health” Sickness, ja maar met narkose……? Slegs in uiterste gevalle!!

16 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Ek het nou gele soos ek lag! Die pienk kierie!! Dis ‘n classic!

    Beterskap aan jou man!

  2. Ai ai dit was skreeu snaaks!!

    Ek het so gehoor-probleempie in die een oor, agv die onnie wat my daardie jare teen die kop geklap het. Jy weet mos, ons is mos deur gehel en nie deur geleer nie …. maar nie-te-min

    Ek moet die keer gaan vir ‘n operasie, en dit was my eerte een op 43jr ouderdom na my geboorte. (einlik is ek baie gelukkig) maarrrrrrr nou kyk ek so rond in die teater, want mos nog nooit daar nie. En net voor hulle die ou maskertjie oor die mond sit sê ek so ewe “…. suster, as julle my roep om by te kom, en ek kom nie dadelik by nie, please ek makeer niks, dis net dat ek julle miskien nie gehoor het!” Onnodig om te noem die Dr bars uit van die lag, want hy het my toevallig baie goed geken …

    Ai ai ons mans kan deur die $%^ wees as onse wil!!

  3. Dit was nou oulik, jy het my dag sommer opgebeur met die inskrywing van jou. Ja, die pienk kierie was nou baie oulik hoor

  4. Ek het nou so lekker gelag! Dis amazing wat sommige mense na narkose kan aanvang!

    Groete

    K ‘-)

  5. Dis skreeusnaaks! Ek sal nooit weer na ‘n kierie van enige kleur kan kyk sonder om te lag nie!

    Sterkte vir jou en Willie.

  6. Ai Marina, dit was nou ‘n lekka lag-sessie. Dankie. Sal ook aan julle dink as ek in die vervolg ‘n kierie sien…. lol.

  7. Psssst… ja hier!! is ek!! het wragtig nie geweet jy’t ‘n blog nie! nou weet ek ook! ek skuld jou laaaaankal ‘n kuier! x

  8. Ek is tog sooo bly ek het nie fout met my sinusse en goete nie…. lekker gelag! Sterkte!

  9. Owee! Skreeusnaaks. Ek reken hierdie storie word op elke braai vertel. Sterkte Willie.😉

  10. Dis rerig snaaks!!🙂

    Hoe gaan dit nou met Willie?

  11. Great vertelling!

  12. Het omtrent nou gestik van die lag. Stem Dellie, ek self sal nooit weer dieselfde na ‘n kierie kan kyk nie.

  13. Jy is getag…gaan kyk by my blog wat die ins and outs are!

  14. Te oulik!

  15. Het jy al ooit die dokter gevra of jy so ‘n klein bietjie narkose kan kry vir die huis? Ek meen, partykeer soek mens so ‘n reaksie by iemand…in die privaatheid van jou eie huis. Love in a little sniff…

  16. Hie hie hie Twakkie !!!! Sniff sniff


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: