Kinder-ogies

November 12, 2007 om 2:37 nm | Posted in Uncategorized | 15 Kommentaar

Almal raak nou aan die feit dat Kersfees om die draai is. En dit is! Dit besef ek toe ook Saterdagaand toe ons by ons groot pelle se huis verby ry en daar flikker sy 6000 kersliggies!

Ek dink aan kinder-ogies in hierdie tyd. Kinder-ogies wat glinster van afwagting en opgewondenheid oor dit wat verborge is in die pakkies  onder die boom. Die groot nuuskierigheid oor die pakkie met sy naam op!

Maar wat van die hordes kinders wat nie die voorreg het nie?

Ons was vir ‘n hele paar jaar betrokke by ‘n kinderhuis in Pretoria vir wie ons elke jaar ‘n Kersparty gehou het. Baie mense voel om eerder die geld aan die tehuis te skenk vir dinge wat nodig is. Ons het besluit NEE ons wil hierdie kinders se ogies maak skitter!

Die voorbereiding vir so ‘n projek is natuurlik uiters noodsaaklik. Ons het ‘n lys van kindername gekry van die kindertjies wat nie vir die Desember vakansie iewers geplaas is nie. So lys sluit alles in, van geslag tot skoengrootte, om die keuse van geskenke te vergemaklik. Ons kry toe ook ‘n wonderlike skenking van Nike wat vir elkeen van hierdie kinders ‘n paar Nike tekkies beteken!!

Na ‘n hele paar fondsinsamelingsfunksies deur die jaar het ons genoeg geld om hulle met ‘n stoomtrein na die Technicon se oord by Harties te neem.

Niemand kan beskryf hoe klop jou hart as jy 5 uur die oggend die groepie kinders in absolute afwagting op die trein laai vir hulle “party” nie. Wat my bybly is altyd die ogies! Die afwagting en opwinding!

Dit word ‘n dag van sing, dans (Macarena tot jou tong op die vloer sleep) en natuurlik EET!!

Die hoogtepunt is die uitdeel van geskenke! Natuurlik doen Kersvader dit in al sy glorie. En weer-eens die ongeloof in die ogies as hulle die sakke oopmaak met elkeen se persoonlike ietsie daarin…en natuurlik die skoene! Veral die groter kinders kon nie glo wat hulle ogies sien nie! Vrae soos “is dit regtig myne? Kan ek dit hou? Vir altyd? Dit het my om die hoek laat glip en my oge uitgehuil.

Die middag toe die trein weg is loop ons deur die terrein om seker te maak  niks bly agter nie. Ek skrik toe ek ‘n skoenboks onder ‘n boom sien staan en dink dadelik iemand het sy nuwe skoen laat agterbly. Ek maak die boks oop… en binne in …. ‘n verslete paar rubberplakkies.

Ek dink dus nou weer daaraan dat Kersfees naby is en hoop en bid dat daar weer ‘n paar ouerlose kindertjies se ogies weer sal skitter!

15 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Dis ‘n hoendervleis-storie! Ons dreig ook altyd om “iets” te doen, nog nooit sover gekom nie. En tog is die hele idee van Kersfees, om te gee. Ek voel weer geinspireer! Dankie!

  2. Dis pragtig wat julle gedoen het. Ek het nou ‘n knop in my keel. Ons vat alles vanselfsprekend en daai kinders is so opgewonde oor hulle tekkies…

  3. eish, ‘n mens besef nie aldag hoe bevoorreg ‘n mens is net omdat jy ouers het nie. hier – hier is ‘n klop op die skouer🙂

  4. Mooi inskrywing. Jy’t my nou net ‘n goeie idee gegee.

  5. Dis ‘n mooi storie.

  6. Pragtig! Ek wens net my eie kinders wil ons en wat ons vir hulle doen bietjie waardeer!!
    Marina, laat my weet as julle dalk kom liggies kyk in Desember. In Montana/Magalieskruin is daar asemrowende plekke. Ons maak elke jaar so ‘n outing na al die plekke en gee dan daar klere, kos, ens wat dan ook na minder bevoorregtes gaan.
    Liefies Tersia

  7. Tesia ons kyk elke jaar liggies, was nog nie daar. Gee die adresse asb!

  8. Dis so mooi wat julle gedoen het! Ek kan die ogies wat so skitter imagine.

  9. Hier het jy my hart nou sommer baie baie seer!!!!

    PRAGTIGE entry…….. (((huggles)))

  10. Hallo Marina, dis my eerste kuier hier, maar VERSEKER nie my laaste.

    Hierdie posting van jou laat mens net ‘n oomblik stilstaan en laat dink, wat doen ek vir ander …… elke dag, nie net Kersfees !!

    Soos Johan noem …. hoe bevoorreg is ons, wat ‘n huis en ouers het.

    Mag julle geseën wees, in julle goeie dade.

  11. Haai jy!
    Daar is niks so mooi soos kindergesiggies wat ophelder nie. Al is dit met ‘n drukkie of net klein bietjie aandag, om dan nie eers te praat van Krismis nie!
    Mag Jesus julle ryklik seën.

  12. Marina, ek was toevallig ook vanmiddag na ‘n kinderhuis hier naby ons om vir hulle ‘n paar lekker bederfies te vat wat ek gekoop het met geld wat ons selgroep ingesamel het. Dit maak mens sad om te weet daardie kinders het nie ouers nie!!

  13. Die kosbaarste van Kersfees is kinders se opgewondenheid, die afwagting, en die vreugde wanneer hulle, hulle geskenkies kry. My hart gaan uit na al die kindertjies wat nie so bevoorreg is nie..

  14. Hallo Marina,
    Die Gestorwe Soldaat (http://gestorwesoldaat.iblog.co.za) het begin met ‘n inisiatief om Kersfees vir die kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis onvergeetlik te maak! Ek wil almal aanmoedig om, as julle enigsins kan, daarby betrokke te raak! Die goed wat op die kindertjies se wenslys is, maak my so hartseer. Sonskerm, biltong, ‘n spacecase.

  15. Ek is n enkel ouer en kon nooit kinders van my eie he nie ek is opsoek na n knapie van so 7 of 8 jaar oud om by my te kom woon ek verdien n goeie salaris en sal goed vir hom kan sorg ek het geen afhanklikes nie en hy sal dus my enigste erfgenaam dan wees.
    Ek is n mans persoon en sal goed vir hom kan sorg ek kan self kos maak en het n huishulp wat help met die takies in en om die huis.

    Ek sal bly wees as u my hiermee kan ondersteun terlops dit moet asb. n wit kind wees,ek bly in Plettenberg Baai.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.

%d bloggers like this: