‘n Ma se hart……

Oktober 29, 2007 om 7:56 vm | Posted in Uncategorized | 14 Kommentaar

Ek weet ek het lank laas ietsie geskryf…. glo my ek het ‘n paar keer begin en dan maar weer delete.

My oudste dogte (20) is al die afgelope 2 weke in ‘n kliniek as gevolg van depressie. My hart is so seer en so vol emosies maar die vingers kan nie byhou om al die gevoelens weer te gee nie. Dit is net verskriklik erg om jou kind wat gewoonlik so vol lewensgeluk is, so teen die grond te sien.

Ek sal wel ‘n volgende keer meer vertel maar op hierdie stadium is ek nie eintlik lus vir oopmaak en gesels nie.

Dink asseblief net in julle gebede aan Clarissa.

14 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. Sterkte man. Depressie is ‘n verskriklike ding. Dink aan julle.

  2. Baie sterkte!! Ons is tans deur basies dieselfde stories…. Dit maak ouers klaar en die kinders se toekoms le nog voor!! Maklik is dit gewis ook nie! Ek dink aan julle, sterk wees.
    Liefies

  3. Sterkte!

  4. Sterkte met die lang pad na herstel.

  5. Ai toggie Marina! Dit is so verskriklik sad dat sulke jong mense deur so ‘n nare ding soos depressie moet gaan. Ek plaas jou en Clarissa op my gebedslysie! Mag jul elke dag die Here se teenwoordigheid om jul voel, en Sy warm hand joune en Clarissa s’n styf vashou!! Sterkte ou girl! Dink aan jou hoor…!

  6. Dink aan jou. Ek was ook daar met my seun. Hy is nou al drie jaar okay, met behulp van medikasie, maar mens dra maar altyd die bekommernis met jou saam. My gebede gaan saam met jou.

  7. Dankie aan julle almal vir die bemoedigende boodskappies!!!!

  8. Was so verbaas om te sien jy was weer daar by my “blog”. Ek het self in my lewe gesukkel met depressie. Die wonderlike is dat mens gesond kan word. Ek is so bly sonkind noem van medikasie, want glo my baie mense gaan sê: Die here maak gesond. Ons bid asof alles van die Here af hang en dan werk ons asof alles van ons afhang – selfs al moet ons ‘n pilletjie drink. Dink aan jou en aan Clarissa.

  9. Marina,

    Jy is altyd so vol vreugde as jy by my kom gesels.
    Ek kan help bid. Depressie is n baie real ding in ons huis. My dogter was ook 20 toe sy kliniek toe is – net 20 geword. Dis asof die lewe hulle heeltemal oorweldig en hulle nie al die “goed” het om daarmee te deel nie.

    Dit SAL beter gaan. Ek belowe – dis vat tyd en liefde en nog liefde en baie baie bid – maar julle sal OK wees. Sy sal OK wees. Met n ma soos jy ….

    Rachelle/AKA Koeksuster

  10. Baie sterkte vir julle!!

  11. Baie sterkte, hou moed, die son sal weer skyn!

  12. Net moedhou, aanhou… en nooit ophou ‘boontoe’ kyk nie!!!!

    Als sal regkom!!!!!!!

  13. Middagsê

    Aangename kennis, Mev Marina. Ding ken nie vir jou nie en het per ongeluk op hierdie Voetjies-voetpad afgekom. En ding sien toe hierdie raak.

    Sonson is skerp, soos Doom sê, met die medikasie. Is so. Jy vertel nie hier verder/meer nie – die eerste vreemdeling-reaksie is: my empatie; sterkte; dit sal beter gaan; voorspoed. Die logiese vreemdeling-omgee-vraag: hoekom?

    Wat laat ‘n lewenslustige jongmens wie veronderstel is om drome te jaag op die rug van die reënboog, van daai reënboog afgly, al die pad ondertoe, in ‘n kleurlose landskap vol vaal ingekeerdheid?

    Ding weet Moedertjie kyk vandag nog party dae, sommer slag-slag, veral as ding so weet hy moet bos toe of loop klipsit hou en hy kan nie daar oppie daad nie, nog vir ding sooooo aan en wonder nog steeds oor presies daai vraag. Want vir watter moeder word haar kinders ooit regtig groot in daardie kamer waar sy vir hulle styf teen haar bors aandruk en haar bekommer oor hulle welstand en toekoms? Bly kinders nie in daadie kamer maar vir hulle moeders onaangetas, sorgvry, klein en dierbaar waar sy hulle teen die lewe se meedoënlose aanslae kan beskerm nie?

    En dis sulke dae wat ding so graag vir Moedertjie sou wou sê dat dit nie sy is nie; dis nie dat daar slegte goete in ding se lewe is nie; dis nie dat iemand ding so omkrap nie – dis bloot hoe ding is. En dit is veral nie Moedertjie se skuld nie. Maak nie saak wat sy doen nie; ding is net so. Maar ding word altyd weer beter.

    Mev Marina, ding probeer net sê dat ding nie regtig verstaan van die hoekom nie, maar die hoekom hoef nie ‘n antwoord te hê anders as dat ‘n mens net regtig nie so opgeklits is met hierdie lewe dat jy wil bokspring daarvan nie. Oorwegend kyk ding hierdie lewe soooo en dink by homself: wat ‘n vermorsing van kosbare tyd en energie. Maar dan gaan ding weer aan. Nie alles hoef altyd “gesond” te word nie – ‘n mens kan leer om met party goete saam te lewe. Om bloot vrede te maak met die latente aanwesigheid daarvan. Julle sal weet van julle dogter en presies hoe wat waar is. Maar niemand behoort hom-/haarself ooit te verwyt oor iemand anders se bepaalde gemoedstoestand nie, hoor. Liefde, omgee en aanvaarding is die medikasie wat die siel rustig maak.

    En dan sê ding ook: sterkte en voorspoed. Het ding die lady beter geken, sou ding jou nou sommer ‘n lekker beerdruk gegee het.

    Grondgroete
    ding

  14. Ai ou Marina, baie sterkte vir julle en vir Clarissa ook. Dis ‘n aaklige ding om oor te kom. Ek’s jammer ek lees dit nou eers, mens raak soms so vasgevang in jou eie probleme. Glo en vertrou, julle is in my gebede hoor.


Lewer kommentaar op platterfuss Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.