Scrabble

September 27, 2007 om 1:21 nm | Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar
DORMITORY: PRESBYTERIAN:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
DIRTY ROOM BEST IN PRAYER
   
ASTRONOMER: DESPERATION:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
MOON STARER A ROPE ENDS IT
   
GEORGE BUSH: THE EYES:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
HE BUGS GORE THEY SEE
   
GAUTENG: THE MORSE CODE:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
GET A GUN HERE COME DOTS
   
SLOT MACHINES: ANIMOSITY:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
CASH LOST IN ME IS NO AMITY
   
ELECTION RESULTS: SNOOZE ALARMS:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
LIES – LET’S RECOUNT ALAS! NO MORE Z ‘S
   
A DECIMAL POINT: THE EARTHQUAKES:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
IM A DOT IN PLACE THAT QUEER SHAKE
   
ELEVEN PLUS TWO: MOTHER-IN-LAW:
When you rearrange the letters: When you rearrange the letters:
TWELVE PLUS ONE WOMAN HITLER


DIABETES

September 26, 2007 om 10:12 vm | Posted in Vorige paadjies | 1 Kommentaar

Dit is een van die toestande wat deesdae verskriklik toeneem.  So lees ek op blogs van mense wat gediagnoseer is en ander deel ook mee hoedat hulle hulself daagliks insulien toedien.

Dit neem my terug na so ongeveer die jare in die vroee jare 70. My Ouma verloor albei haar bene as gevolg van “gangreen”  Diabetes is te laat by haar gediagnoseer. In daardie dae was dit gladnie so algemeen soos deesdae nie, en het net bekend gestaan as SUIKERSIEKTE. 

Ouma is toe gekluister in ‘n rolstoel vir die res van haar lewe. Uit ‘n totaal van 11 kinders is my ma die een wat aanbied om haar te versorg.

Dit is dan ook waar ek eintlik wil by uitkom….hoe die mediese wetenskappe verbeter het sedert daardie dae.  Eerstens was die toetse vir insulien toediening ‘n helse proses!!  Vroeg oggend word daar van die eerste urine in ‘n proefbuisie gegooi, een of ander druppeltjie bygesit en dan word die spulletjie in die proefbuis oor ‘n brandertjie verhit tot dit kook!!! Kan jy glo?  Na afkoeling word die toetsstokkie dan gebruik om die kleur te vergelyk gewoonlik was dit so groen konkoksie) en daarvolgens is insulien ingespuit.   En nie met die hedendaagse plastiek inspuitings nie… met ‘n propperse glas inspuiting. En bewaar jou siel as daai ding breek!!! Dit was baie duur. Soos ek genoem het dit was so 1975 en ek was so St 6, maar hierdie hele toetsery is nog duidelik in my geheue.

Dankie tog aan die hedendaagse tegnologie en wetenskappe wat dit vir al hierdie mense makliker maak om met diabetes saam te lewe.(Kan jy jou indink in vandag se gejaagde lewe, soggens eers piepie kook en dan insulien inspuit)  En sterkte aan julle almal!!

Marina

Deur die was…..

September 25, 2007 om 9:42 vm | Posted in Vorige paadjies | 1 Kommentaar

Erfenisdag?  Amper veroorsaak ek dat daar niks te erwe oorbly as ek as langslewende by my man iets moet erf nie.

Soos enige getroue vrou en moeder begin ek op hierdie vakansie dag vroegtydig my wasgoedjies was om sodoende die res van die dag rustig deur te bring. Min wetende wat op my wag. In my huis is die reel..wat in die wasgoedmandjie is, word gewas.  Dit is jou saak om seker te maak alles IN die wasgoedmandjie is wasbaar.  Met tieners in die huis is wasgoedreels ook ‘n noodsaaklikheid, maar die pa moet ook inval by die reel. 

So vorder ek deur al die bondeltjies en is verheug toe ek die laaste bondel met manlief se broeke kan uithaal.  Toe ek die laaste broek uithaal besef ek iets is FOUT,  die broek voel vir my effens swaar.  Ek voel hoe my hart vinniger klop, nee.. nie weer nie… wat het ek nou weer gewas?  Ek het al ‘n hele paar penne en 2 identiteitsboeke op my kerfstok!!! Angstig deursoek ek die broek vir dit wat gewas is.  Julle weet mos dat baie mans reken hulle dink nie aan skei nie maar BAIE aan moord.  Hier is defnitief ‘n moordgeval!!  In een van die baie sakke ontdek ek dit…….SY SELFOON!!!  Dwarsdeur was(X2), spoel en spin, en morsdood (soos ek gaan wees). Nie ‘n teken van lewe nie, net ‘n dammetjie water in die skerm.

Nadat ek eers moes sit en moed bymekaarskraap het ek hierdie tyding gaan oordra.  En raai, hy het dit heel goed hanteer.  Met “maar daardie broek was OP die mandjie en nie IN die mandjie nie” het hy my getroef.  Later het ons lekker saam gegiggel oor die hele situasie.  Ek stuur ‘n SMS aan pelle om te vertel. Later lui my foon en vriend reken hy het nou net my man probeer bel en al wat hy hoor is “glug, glug, glug”!

Ek sal seker nooit die einde hiervan hoor nie, maar tenminste het ek gesorg vir ‘n opwindende Erfenisdag!!! 

Hoekom “Voetjies”?

September 20, 2007 om 12:30 nm | Posted in Vorige paadjies | 4 Kommentaar

As ek so na almal se blogname kyk dan wonder ek hoe elkeen by sy/haar naam uitgekom het.

En ek is seker so wonder ons almal oor die name. Wel toe ek gister ‘n naam vir my blog wil registreer moes ek telkemale sien dat die name wat ek insit alreeds bestaan. En natuurlik raak die frustrasie al meer en meer. Ek onthou toe op ‘n stadium moes ek iewers ‘n password kies en dan vra hulle mos vrae soos beste vriend, eerste troeteldier ens. Dis toe wat ek op Voetjies besluit. Want hierdie voetjies dui gladnie op die groote van my voete nie. ( Alhoewel ek ook maar net in ‘n nr 3 of 4 skoen pas)

Op 4 jarige ouderdom sit ek eendag op ons voorstoep en sien die een buurman oor die straat gestap kom met iets in sy arms.  By my aangekom sien ek dat dit ‘n klein hondjie is wat hy dra.  Hy vra toe of hy die hondjie vir my kan gee. Net daar beland ek in die sewende hemel…my eie klein baba hondjie.  die pragtigste wollerige bondeltjie! Wat die ras aan betref kan ek net verduidelik dat die ma waarskeinlik Pikanese bloed gehad het en die pa was vermoedelik ‘n hond! En al 4 die pootjies spierwit.  Daarvandaan Voetjies my eerste troeteldier.

Ek en Voetjies was verknog aan mekaar.  Aangesien ek die enigste dogter was en my broers baie ouer as ek was dit my beste maatjie.  Voetjies is net tot in die kombuis toegelaat en daar agter die kombuisdeur het ek, Voetjies en my poppe ure deurgebring. Ek het hom aan die slaap gemaak op sy eie bedjie met kussing en al. As ons moeg raak vir die huis het ek hom in my pop se waentjie gelaai, natuurlik weer met kombers, kussing die werke,en buite gaan rondstoot.  Ek dink Voetjies moes ‘n hengse groot blaas gehad het want vir piepie was daar nie tyd nie!!!

So begin Voetjies se hormone ook te ontwikkel en skraap hy eendag een van die tewe in die straat bymekaar en doen sy ding.  Ek dog toe natuurlik dis die einde van my hond se lewe met al die getjank en alles wat daarmee gepaard gaan. My ma moes baie mooi subtiel ” please  explain” wat nou aan’t gebeure is. Ek was bang om buite toe te gaan want het gedink ek gaan my hond dood op die “pavement ” kry. So help Voetjies my ook toe om te verstaan wat in die natuur gebeur.

Ek kan nie onthou hoe lank ek vir Voetjies gehad het nie, maar hy het toe op ‘n stadium siek geword en ons het nie soos vandag ‘n veearts naby ons gehad nie.  Ma het gedokter met boererate maar helaas is Voetjies toe na die hondehemel! Tuinjong moes ‘n gat grawe en ek het begrafnis gehou.

Na Voetjies het ek nie weer ‘n hondjie gehad nie, net ‘n paar katte. En dit is waarom ek my blognaam opdra aan my eerste en enigste hondemaatjie….. “Voetjies”

Wie sou kon raai……

September 19, 2007 om 1:46 nm | Posted in Vorige paadjies | 3 Kommentaar

Uiteindelik kry ek dit ook reg!  Om te blog of nie te blog nie. Wel ek blog! Na ‘n groot gesukkel en ‘n paar onvroulike woorde is dit hier.

Ek lees gereeld almal se blogs en is verstom oor die mense se kreatiwiteit met woorde, en ek wonder of ek dit ooit sal regkry om my gedagtes so mooi te kan formuleer.  Nou ja tyd sal leer en dan sal ons sien of ek hierdie berg sal kan klim!!!

Ek is nou skoon moeg gestoei en sal van more af my deel bydra.

Geniet Sekretaresse dag!!

Marina

Hello world!

September 19, 2007 om 10:33 vm | Posted in Vorige paadjies | 1 Kommentaar

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.