Hoekom is ek gelukkig
Augustus 19, 2008 om 10:24 vm | Posted in Vorige paadjies | 21 Kommentaarbashinginnieboendoes.wordpress.com/ het my getag om te sê waarom ek gelukkig is.
Ek is gelukkig omdat ek elke oggend my oë kan oopmaak, my man langs my kan SIEN, te kan HOOR hoe my kinders ook wakker word en gesels. Ek is gelukkig omdat God my soveel geseën het om al my sintuie te kan gebruik om Sy skepping te kan geniet! Ek is SO gelukkig om Sy kind te kan wees!!!
Ek is gelukkig om my familie en vriende om my te hê. Daar te wees as hulle my nodig het en te weet daar is mense wat vir my omgee!
Maar ek is ook gelukkig om soms net alleen te wees, ‘n boek te lees of sommer net op my eie te droom.(Ek is gelukkig om nog te kan droom)
Ek is gelukkig om nog te kan LAG!! Ten spyte van al die negatiewe dinge darem nog die snaakse in die lewe ook raak te sien.
Ek is gelukkig………….om nog gelukkig te kan wees!!!! 🙂
Die volgende mense is gelukkig om huiswerk te kry…
delliesedinge.wordpress.com/ http://diekas.wordpress.com/ http://tekkies.wordpress.com/
‘n Passat, 3 kinders ‘n Pappagaai en ‘n strandbal…..
Augustus 13, 2008 om 7:24 vm | Posted in Vorige paadjies | 5 KommentaarBaie goeie vriende van ons…al vir 18 jaar. Kiewiet en sy vrou. Kiewiet het die naam omdat dit by hom pas. Het jy al ‘n kiewietjie gesien wat stadig loop? Nee, hulle is altyd aan die hardloop! Nou dit is waar Kiewiet sy naam kry!
Jare terug toe ons hulle leer ken het, het hulle ‘n ligblou Passat stasie-wa gery. Let wel die diesel model. En die van julle wat al so lank in die lewe is sal onthou hoe het daardie diesel modelle geklink as hulle “gestart” word. So kyk Kiewiet se vrou bedags na ‘n paar kleuters. Een oggend laai sy die klompie in die Passat om Biblioteek toe te vat. ‘n Nuwe outjie in haar sorg sit voor en toe sy die Passat “start”, spring hy regop en sê “Tannie moet oppath ek thweer hier ith ieth loth in hierdie kar the enjin!”
Maar my eintlike storie kom toe Kiewiet en sy gesin een vakansie Kaap toe gaan. Dit was instelling dat die Passat gelaai word met Pa, Ma, 3 kinders en die Pappegaai Charlie. So is die gesinnetjie Kaap toe en aan die einde van die vakansie word die terugtog aangepak. Pa, Ma 3 kinders, Charlie en……….’n nuwe strandbal! Die sitplekke word platgeslaan om die terugtog so gemaklik moontlik te maak vir die kinders.
Alles gaan goed en wel totdat verveling tussen die 3 kindertjies intree. So word die platgeslaande sitplek ‘n gemaklike speelplek met die strandbal. Met die gespelery tref die bal kort-kort vir Kiewiet agter die kop en mettertyd begin sy moer-metertjie die hoogtes in skiet! Hy begin waasku dat die vonke gaan spat as die bal hom nou nog een keer tref. Toe hulle Beaufort Wes inry tref die bal hom weer agter die kop en die gort is gaar. Net daar in die hoofstraat stop die Passat. Kiewiet spring uit die kar en hardloop agter om die kar om die kroos uit te sorteer. Maar……..hy vergeet van die sleepwaentjie wat agter-aan die Passat gehaak is ……en slaan neer oor die disselboom!!! Hy koop sy eie stukkie grond in Beaufort Wes! (Beautifull was hy defnitief nie toe nie!) Hy staan op pluk die deur van die kinders oop en gee elkeen ‘n goeie loesing. ‘n Kleurling vrou wat verbystap aanskou die hele petalje en toe Kiewiet die strandbal gryp en met ‘n geoefende arm die bal die lug ingooi, hardloop sy met ope arms om hierdie godgegewe geskenk vir haar kinders uit die lug te vang!
Vir die res van die terugtog is daar nie ‘n woord in die Passat gepraat nie. Die kinders was doodstil en selfs Charlie het nie sy gebruiklike “morsgat” of kekkel-laggie ge-uiter nie.
Ons spot gereeld vir Kiewiet en sê hy wil mos so graag ‘n ou erfie by die see hê, maar hy het darem al so ou stukkie grond halfpad see toe in Beaufort Wes!
Liefde vir “Lavender”
Julie 30, 2008 om 11:13 vm | Posted in Vorige paadjies | 10 KommentaarAs daar nou een reuk is wat my sommer laat swymel is dit die reuk van Lavender, of die afrikaanse woord Laventel. Vir my is dit ‘n “mood-enhancer” soos min. Dit help as ek hoofpyn het om van die aroma-terapie olie aan my slape te vryf. As ek nie kan slaap nie drup ek ‘n paar druppels op my kussing en as ek sommer net opgeklits voel smeer ek my hele lyf met ‘n heerlike lavender lyfroom.
Laventel word soms die “koningin van kruie” genoem. Behalwe vir die heerlike geur het dit onder meer antiseptiese en antibakteriese eienskappe, verrig wondere vir seer spiere en help teen slapeloosheid. Die woord is afgelei van die Latynse woord “lavare” wat “was” of “bad” beteken.
Hier is meer inligting oor Lavender
Essential Oil of Lavender (Lavandula Augustifolia) Abbr: Lav
The plant is an aromatic green, woody shrub that grows up to 1 metre in height. It has pale green, narrow, linear leaves and flowers on blunt spikes of a beautiful violet-blue.
Odour of Essential Oil of Lavender: Sweet, floral, herbaceous scent and a balsamic undertone..
Colour of Essential Oil of Lavender: Colourless to pale yellow.
Source of Essential Oil of Lavender: Flowering tops.
Method of Extraction of Lavender: Steam distillation.
Properties of Essential Oil of Lavender: Analgesic, Antibacterial, Anticoagulant, Anticonvulsive, Antidepressant, Anti-inflammatory, Antiseptic, Antispasmodic, Antitoxic, Carminative, Deodorant, Detoxifier, Diuretic, Emmenagogic, Hypotensive, Insecticide, Nervine, Sedative, Sudorific, Vermifuge, Vulnerary.
Actions of Essential Oil of Lavender: Anti-depressant, balances skin, calming, detoxifies, eases labour pain, insect repellent, relaxes muscles, skin balancing, skin toning, tonic – general.
Circulatory: Edema, fluid retention, high blood pressure, lumbago, palpitations, parasites, rheumatism, ringworm.
Digestion: Colic, diarrhea, flatulence, halitosis, indigestion, intestinal cramps, intestinal parasites, nausea, parasites, tooth abcess, vomiting.
Endocrine: Pre-menstrual syndrome.
Genito-Urinary: Fluid retention, pre-menstrual syndrome.
Lymphatic: Lymph congestion, toxicity, water retention.
Muscular: Aches and pains, backache, bruises, cramps, muscle pain, muscle spasms, muscle stiffness, sprains, strains.
Nervous: Anxiety, convulsions, depression, epilepsy, fainting, insomnia, irritability, headache, hysteria, nervous insomnia, nervous shock, nervousness, paralysis, stress related problems.
Respiratory: Asthma, bronchitis, catarrh, cough, throat infection, whooping cough.
Skeletal: Arthritis, earache, rheumatism.
Skin: Acne, alopecia areata, athletes foot, boils, bruises, burns, carbuncles, dermatitis, eczema, insect bites, lice, psoriasis, ringworm, scabies, skin disorders, skin irritations, skin rejuvenation, sunburn, wounds, wrinkles.
Medical Terms: Alopecia areata, arthritis, blennorrhea, blepharitis, chlorosis, conjunctivitis, cystitis, diphtheria, eczema, fistula, leucorrhea.
Mental/Emotional Symptoms: Anger, anxiety, calming, depression, hysteria, insomnia, migraine, promotes sleep, relaxing, shock, tension, uplifting.
Contra-Indications for Lavender: Pregnancy – first trimester (use on advice of professional after 1st trimester). Very low blood pressure. Overuse may cause sensitization.
Comments on Lavender: Lavendula Augustafolia is the most delicately scented Lavender and the most important medicinally.~Probably the most versatile oil, Lavender is an excellent oil for burns, muscular problems, anxiety and sleep disorders.~Used with other oils, Lavender has a balancing effect on the entire blend.~During labour Lavender will reduce pain and strengthen contractions when massaged on the lower back.~This oil is also excellent for use on insect bites or other skin irritations and is one of the few that is safe to use undiluted on the skin (except on infants and young children).~It is important to remember that overuse may cause sensitization and that no more than 12 drops per day should be used on a healthy adult – less for children or elderly.
EK WONDER…….
Julie 29, 2008 om 12:34 nm | Posted in Vorige paadjies | 10 KommentaarDaar is mos party dinge in die lewe waaroor mens soms wonder. Vandag wonder ek oor ons en diere.
Hoekom roep ons ‘n kat soos ons doen……”kietsie, kietsie, kietsie……
En hoekom roep ons ‘n hond met die lippe smak geluid ???????????????
Wie gaan dit waag met antwoorde?
…….ek is nog hier…….
Julie 3, 2008 om 11:18 vm | Posted in Vorige paadjies | 12 KommentaarSleutelwoorde: Add new tag
Ja ek is nog hier…..springlewendig en gesond! Weet net nie altyd of ek in die lug of op die grond is nie. En die laaste twee dae verskriklik gesukkel om te post op WP.
Ons was baie besig met ‘n groot staatstender wat ons moes indien. Ons hoop van harte dat ons dit sal kry…..maar met die staat en betaling…….hoor maar rillers.
Ons kon in die verlede voor ons die besigheid oorgeneem het kon ons altyd Julie vakansies weggaan. En hierdie jaar mis ek dit nou regtig!! Dit was altyd ons vakansie vir Natalse Noordkus en Snorkel!!!
Die mooiste snorkel plekke in ons land is by Cape Vidal, Mabibi en Kosibaai(by die mond).
Die van julle wat snorkel sal weet dat dit regtig die wonderlikste en goedkoopste ervaring van die see-lewe is. Willie probeer my oorreed om te scuba maar ek wil in beheer wees van wanneer ek my kop bo die water wil uitlig sonder enige gevaar van borrelsiekte en wat nog.
By Cape Vidal snorkel jy as jy van mense om jou hou. Omdat Julie ook gewoonlik die visvang tyd is raak die mense vir my soms baie. Die snorkel is egter pragtig en jy sien die mooiste visse.
Mabibi is die snorkel hemel van Suid Afrika. Dit is daar nie snaaks as jy met laagwater op die strand aankom en niemand anders as die Parkeraad se wag daar aanterf nie. Die gesogte Tonga Lodge is egter nou daar en ek glo so ‘n stukkie van die rustigheid is daarmee heen. As jy daar jou kop onder die water indruk voel dit asof jy in ‘n ander wêreld is. Daar het ek die ervaring gehad van ‘n nuuskierige Moray Eal wat al agter my aan geswem het. Aanvanklik het ek my lam geskrik en so onder die water gegil dat die mense saam met my gedink het dis ten minste ‘n haai wat my agtervolg. Hier wil mens nie uit die water nie…..want jy is bang jy mis iets. Ons het ook al die waterskilpaaie hier in die water gekry. As jy klaar gesnorkel het is dit heeerlik om sommer net in die rotspoele te lê en kuier, en jou vis-boek vir die 100ste keer deur te kyk en te “brag” oor watter visse jy gesien het. Mabibi is absoluut hemels!!!!
a src=”https://voetjies.files.wordpress.com/2008/07/moray-eel.jpg” alt=”” width=”143″ height=”111″ class=”alignnone size-full wp-image-88″ />
Kosibaai is ook ‘n belewenis. Waar die mere in die see mond is wonderlike snorkel plek. Dit is ongelukkig nou nie meer baie veilig om soontoe te gaan nie. Verlede jaar was daar aanvalle op mense wat daar gaan snorkel het. Met laagwater is die water baie vlak en sien jy al die klein vissies en soos die gety dan inkom en hoog raak, kom daar dan meer visse van die see se kant af in. Ons swem ook altyd tot waar die plaaslike gemeenskap hokke bou om vis te vang en elke keer kook my bloed as ek sien hoeveel van die mooi visse in die hokke is. Hulle vang ook van die klein vissies en ryg dit dan in toue om huistoe te vat vir kos. Dis ook hier by Kosibaai waar ons die “gazebo episode” gehad het. https://voetjies.wordpress.com/2007/11/02/kamp-en-tente/
Dit is dan nou waarna ek verlang op hierdie winters oggend. Waarna verlang jy??????
Bure…kinders….en slange!
Junie 5, 2008 om 8:25 vm | Posted in Vorige paadjies | 15 KommentaarJulle weet hoe kan ‘n broeis vinkmannetjie ( is dit wat mens dit noem???) ‘n mens se palms opfoeter as hy so ernstig besig is om nes te bou!! “n Klompie jare terug plant ek toe mos vir my ‘n paar palmpies teen die muur tussen ons en die bure. Ek is trots op my boompies totdat die eerste vinkmannetjie besef hier is nuwe boumateriaal in die omtrek. Binne ‘n paar dae verander die pragtige blare in sulke stoppelrige stokkerige uitsteeksels! En so gaan dit elke “Vink-Broei-Seisoen” Ek volg al wat raad is, van foeliestroke tot winkelsakke in die bome hang. Manlief skiet selfs sommer net skote met sy “BB Gun”……tot hy eendag een raakskiet en die skeibriewe bo in die laai lê. Ek het dan gesê maak hulle skrik! Ek het NIE gesê maak hulle dood nie. Ek kry toe raad om rubberslange in die bome te hang. Die raad werk maar ai ek weet nie wie skrik die grootste nie, die vinke of ek as ek in die spesifieke bedding werk en onverwags op een van die verdekselse slange afkom wat uit die boom geval het. Ek het ‘n heilige vrees vir slange…dood of lewendig, ek vrees die goed!!
Aan die anderkant van die muur bly ons bure. Die huis was vir baie jare ‘n huur-huis en dus het mense gekom en gegaan en het ons nie altyd die bure te goed geken nie. Op die stadium bly daar toe al iemand vir ‘n geruime tyd en ek en buurvrou groet en wissel soms ‘n paar woorde. Een oggend is ek in die tuin en hoor ‘n gepraat in die bure se erf. Die volgende wat ek hoor is ‘n geweerskoot. Ek vermoed hier is groot poefies en vlug die huis in. Doodnuuskierig gaan loer ek by die venster en sien hoe buurman ewe gedwee in sy kar klim en ry en moedertjie maak vir hom die hek oop en weer toe. Dit lyk toe darem nie na moord of doodslag nie. Ek is toe ook te ordentlik om te vra wat gebeur het. Ek kry toe egter my antwoord binne ‘n paar dae. Buurvrou kom klop aan en vra of ons water ook af is, sy vermoed die munisipaliteit werk iewers aan die waterpype. Eks tap saam met haar om te gaan kyk of daar iewers fout is. Ons kry haar twee stoutgat seuntjies speel langs die huis en hulle vertel ewe braaf hoe hulle hierdie kraan hier lang die huis baie styf toegedraai het. Dit is toe die kraan wat water aan die huis verskaf…..probleem opgelos!
Ek gebruik toe sommer die geleentheid om uit te vis omtrent die geweerskoot. Sy skater van die lag en sê ek sal nie glo wat gebeur het nie. Haar tuinjong het haar die oggend kom roep en gesê daar is ‘n slang in die tuin. Sy huiwer nie ‘n oomblik nie en bel haar man wat dadelik huistoe jaag. Tuis gekom, hol hy net die die huis in, gryp die geweer en vra die jong waar is die slang. Die wys hom toe onder ‘n bos teen die muur (die muur tussen ons en hulle) Hy sien ook net ‘n deel van die slang….lê aan en skiet! Hulle sien net hoe die slang in die lug wip en bly lê. Die ou kruip toe onder die bosse in om die slang uit te haal………en kom uit met ‘n rubberslang!! Teen daardie tyd in die storie kruip ek al amper op die grond van die lag want ek besef hier teen die helfte van die storie wat die uiteinde gaan wees. Ek vertel haar van my vete met die vinke en die slange in die palms. Saam het ons toe lekker geskater oor die hele storie.
Hulle het intussen getrek…..my palms staan…..elke broeiseisoen kaalgestroop…..die vinke is gelukkig…..die slange is weg……en almal se senuwees is kalm!!!
Ken jy ‘n “Boere-mama”????
Mei 27, 2008 om 7:36 vm | Posted in Vorige paadjies | 15 KommentaarDankie tog vir ons tipiese boere mamma instinkte!!!
My jongste dogter is in matriek, en sy en ‘n vriend besluit soos baie jongmense om volgende jaar die buiteland aan te durf. Die www word gefynkam en hulle plaas hulle profiel op ‘n Au Pair lys in die UK. Na ‘n paar dae ontvang hulle terugvoer van Dr Jamie Robison in Liverpool wat hulle baie graag wil aanstel. CV’s word gevra en aangestuur. E-mails word verwissel en alles lyk belowend.
Gister begin hierdie “boere-mama” ondersoek instel na die Dr, want sal sy nie rus tot sy alles weet van die ou nie…..tot by die onderbroek-grootte!! Google al wat ‘n mediese praktisyns- lys in die UK…..geen Dr Jamie Robison! Bel my broer by ‘n groot hospitaal in Londen en hy moet ondersoek instel. Gister aand kry die kinders weer ‘n e-pos van die Dr wat sê hy sal solank begin met “document to enter UK” En hoe sê Nenna van Egoli “ek voel so aan my water, hier is iets nie lekker nie” Ek google weer die naam en die eerste skakel na die naam is ‘n waarskuwing………..”au pair complaints”!!!!!
Natuurlik!!!!!! Nigeriers wat weer scam!!! Hulle gee voor hulle is hierdie welgestelde ouers wat Au Pairs soek, wissel e-posse en stel dan Reis agente voor en dan natuurlik die ou storie van geld wat gestuur moet word nadat hulle kamstig alles in orde het en klaar betaal het. Ons het hom natuurlik duidelik laat verstaan dat ons bewus is van dit waarmee hy besig is!!
Vanoggend kan ek my oë toemaak en Die Vader dank vir hierdie spesiale moeder instink wat Hy vir ons gee.
En ek wonder hoeveel arme kinders is alreeds deur hierdie “scam” gevang!!
NEE “VAALSEUN” UIT NIGERIë…….JY KEN NIE ‘N BOERE-MAMA NIE!!!!!!
Kinders!!!
Mei 12, 2008 om 12:52 nm | Posted in Vorige paadjies | 14 KommentaarVerlede naweek kon ons die ongelooflike rustigheid in ons huis nie glo nie. Pa installeer die videomasjien wat lanklaas gebruik is en toe die kinders almal Saterdag aand uit is, haal ons al die gesin se ou videos uit en verkneukel ons aan ons gesin se doen en late van so ongeveer 17 jaar terug. Ai die klere die hare en ons lê soos ons lag vir die kinders se maniertjies.
Dit laat my terugdink aan toe ons oudste in Gr1 was. So 15 jaar terug. Ons was vir die Paasnaweek by ‘n Jagplaas naby Tolwe in die Bosveld. Ons was 3 gesinne wat daar gaan uitspan het. Dit was die tyd wat die klaargemengde drankies soos Harvey Wallbanger, Blue Movie, Screwdriver ens net die lig gesien het. So word ek een aand ‘n Bue Movie aangebied….wat bietjie sterk vir my gestel was met die gevolg dat ek my drankie gedrink, en toe sommer gaan omkap het op die bed. Tot genot van die res van die geselskap…..natuurlik.
So moet die graad 1 klas mos (soos streng volgens die ou skooltradisie van destyds) die eerste dag van die skoolkwartaal alles vertel wat die vakansie gebeur het. (Onderwysers is die eerste dag mos maar min lus vir werk en wat is nou lekkerder as om die jongste nuus uit die gemeenskap te hoor?)
Toe dit my kind se beurt is staan sy op en vertel dat ons op ‘n jagplaas was vir die naweek “en weet juffrou,my ma moes na haar eerste blue movie reguit bed toe gaan!!” Nie verduidelik van drankies nie, niks….net dit. Die hele gedoente kom toe via die beste maatjie se ma by my uit. Sy sê haar dogter kom by die huis en vertel haar die storie en vra wat is ‘n blue movie. Want blykbaar moes die juffrou die vertelling liewers kortknip…..het mos nou nie geweet van die nuwe drankie nie.
Gelukkig het ek die juffrou geken en het op die eerste en beste geleentheid die situasie gaan verduidelik. Sy het lekker gelag en was natuurlik effe verlig ook…..bygesê.
So kan kinders mens partykeer sonder jou medewete in ‘n baie verdagte lig bring……en onnies lekker laat giggel!
TERUG!!!!!
Mei 7, 2008 om 8:19 vm | Posted in Vorige paadjies | 9 KommentaarEk is terug!!! Ons vakansie was fantasties!!!!! So lekker gerus en so lekker gekuier in die Kaap!
Ek het my broer huistoe geneem en dit klink of alles daar ook glad verloop. Ek hat almal touwys gemaak en hulle die dood voor die oë gesweer as hulle hom nie elke minuut van die dag oppas nie……en hulle doen! Dankie aan almal wat so aan ons gedink het in hier die moeilike tyd wat ons deur is.
My huis is ook nou weer in orde en alles op hulle plek waar dit hoort. Dit voel skoon vreemd, maar tog lekker!
En dan………ek het my hart verloor! Toetaal en al in sy glorie in verloor! My stadshart lê verlore op die wit sand van Paternoster. Ons het langs die Weskus gery en daar het gesien en ervaar hoe rustigheid jou werklik kan omvou!
PATERNOSTER
Jou wind het my stadsbrein
kom deurmekaar waai.
Jou lê gekry in my elke gedagte!
Jou blink blou see
het in my oë geglinster,
en my kyk na die stadslewe
kom deurmekaarspoel!
Jou kindertjies het vir my skulpies geggee
en vir my gesing.
Paternoster, Weskusjuweel,
Ek wil jou koester.
Ek wil met my tone in jou sagte wit sand vroetel
……….vir altyd………….
Dis hoe ek voel na my vakansie, en dis my misie en my droom……’n huisie by Paternoster!
Tyd om te rus……
April 15, 2008 om 10:53 vm | Posted in Vorige paadjies | 12 KommentaarDie tyd het nou aangebreek dat ek en Willie ‘n bietjie kan gaan rus!!!! My broer het darem al in so ‘n mate herstel dat ek hom na 5 maande met ‘n geruste hart in iemand anders se hande kan laat. My kleinboet kom van Londen kuier en sal die fort kom hou. Ons vlieg Vrydag Kaap toe vir ‘n week. Bly in die Kaap en gaan kuier in Hermanus, Bettiesbaai en Ceres.
Sy vordering is regtig baie goed en ons is baie dankbaar daaroor. Hy loop al amper alleen, alhoewel iemand maar naby moet loop en sy hande begin weer stadig aan vat. Sy arms is nog nie beweeglik nie, maar ons glo dit sal ook vinnig herstel. As ons terugkom gaan ek dan vir ‘n week saam met hom huis toe in Kestell om te sien dat die persone wat hom daar sal oppas die mas opkom. Dit is vir my erg dat hy nou wil huistoe gaan, maar ek verstaan volkome dat hy sy plekkie en sy vriende en kollegas mis.
Kestell in die Vrystaat………baie koud!!!!
Ek groet dus en gesels weer so oor 2 weke
Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.