Winter

April 9, 2008 at 7:56 vm | In Vorige paadjies | 6 Comments
Tags:

 Vanoggend toe ek my gordyne ooptrek toe besef ek……. die winter is hier. En ek voel hou die koue vingers om my hart vou.  Ek hou nie van die Winter nie. Ek hou nie van koudkry nie en ek hou nie van die blare wat val nie, ek hou nie van die kaal bome nie, ek hou nie van die ysige windjie nie……ek hou nie van winter nie.

Ek gaan in ‘n winter-depressie in sodra die blare begin val. Dit voel vir my of ek myself iewers wil gaan toesluit totdat die eerste groen blaartjies weer uitkom. Ek weet mens kry pragtige winterslandskappe en mens staan in verwondering oor die wonder van die skepping, maar dit maak my morbied, baie, baie morbied.

Hierdie is vir my mooi winterlandskappe

   

Maar hierdie, dis dit wat my dryf na uiterste neerslagtigheid.

      

Nou ja, daar het ek nou klaar my eerste winter-depressie uitpaksessie agter die rug….. en dit is nog nie eers heeltemal winter nie.  Ek sê jammer aan julle wat van die winter hou en ek hoop julle geniet dit. En ek hoop daar is nog iemand iewers wat voel soos ek oor die winter…..’seblief sê daar is!

……want ek sien al klaar weer uit hierna………….

                                                         

 

Verveeld……….GOOGLE!

April 3, 2008 at 1:16 nm | In Vorige paadjies | 8 Comments

Wat gebeur as jy hier teen middag-ete nie lus is vir enige werk nie? (…net as jou man jou baas is…) Jy Google “feet” by “images”……om te kyk wat pas by “Voetjies”

Dit is van die prentjies wat ek kry.

1rhlcam3qge9cam43yq3cas51s8vcav9rq9gcann0ppycamkt68zca1qev59cajdy4clcasks2wrcadeueo9catb8spzcakv0cwrcar0bx5eca03nltwcaqnod3kcab80trjca93akadcajc8h1kca2x2juf.jpg    0n0dcahb82dgcajbvihhcahi5tm5ca6ntr0ccacflxprca9ccu44cajqec3lcaf3m6occapsia1vcajesmr3ca803z44cazk7famcaht1lx2canfy20ccampq6swca1lv4vjcadge6xxcatsxfodcaq6fp5t.jpg  2z98cansdtwicar6rm2fcaef9qkxcaqbqpnjca9wx2zvca0evtfycaagt3ftca5grx9mcanzdhu7caf1famycah6owibcazq00xcca5bz12ecasy1d5dca4md8dtcaq71t0ncajhcplccah8lj4ucaefb60b.jpg  6ffpcarht0kaca9q434zcaftalmocanoi20hcads20svcaobnc6dca48n5xaca4t2em7cagbwbcbca0xmcipcaxfxtckcasa4s46cael3mkzcaaakh1tcaxzw7fgcaabc1ybcat03owsca9kifozcagjq37d.jpg

08bucaydb0hvcapwj7r5caut37jaca9ivndncaawz5qoca8lvk0ccaa1gm7acabn5x9dca5f3jvxcaetzzwhcasl3nrecacv3i6ycadl5fipcadejx3aca7637jbca02ctwlca9rdzp9caxfb2xjcan0c75a.jpg   68uzcaqkdyx0caot0fsoca5qxunecawci7xfca6eocybcanhpnlvcatqp2bocaiyl2n6ca9eefqvcallny18caeemusqcac1wnwjcakav5mdcao34gf2ca1lloezcagwj3v6cakwcdhdcayv832jcaodb3g4.jpg  ebhdca5lg9j9ca42l1mscawjc3q0ca1s5xkfcalpzrb8ca6r42tzcaoqade8cakl1wmlcagl0cqacafatesicank9sglca1jextrcam3hpcocamw5faxcan5z6kocabqy0xlcaquuhzccaao04ydcax0jxxq.jpg

gl9ccaj42ofscar7fs92canps31lcasqcl50cao2lzd1caiijl83ca76xypscatl6x2dcaq5e9lscabn6jymcam2oz6kcacs0v12ca7cm5mrcahh6dpwcato01imcaxp7w3hcasg5fb3cawtqojtcavkso9x.jpg  images.jpg   nnbvca1nj7v6ca4gms1zcal3rj0hcasxof8scasnziqeca6dqc9icajp153scarv405lca3790ihca2jcz2eca1hn6b7caxqmir1catu875bcapa4m1wcar4e81lca7pklpcca3xwj9ucagu0sy3ca8x268r.jpg  pyiycambgeb5cakpefm1cad45potcak96ntyca02bh68cajosnyjca0mc4jfcagzzggjca5zgjx8carahn5xcadote3rca2hbfafca6q2nwfcammurxuca8yxekccaptkmfrcalfikhwca82nx7jcahl638c.jpg

q14ncaataakvcatxjauwcamr9wgacanghy8sca0vxdvhca9simmacaz2bzjbca7cfl1tcahvtackcaijz9vcca1y3vx6caj6xmlpca9k4fxfcawqavlmcajzjsthcaxxtjuucah028cfcaab681ncakxhi4f.jpg  t4cbcal1rmv5cay6637ocaty4spccamu8369cauhei5xcag4zi4bca0z8im3ca3dzkqfcaet38jxca7w7jp3ca2rgcq5ca5k4gioca38tjkncarcsiaxca7iipbqca91m60scaxoal40caceiwslca3puynk.jpg    t39rcab7xce7cajh5ighcanxlw24ca1n5gfaca6ql2krcah880evca6bag2ucamxpohfca2h84xaca161sn5cag9deg5ca6df2flcadq26jxca13xiffcaqc24f9cagpczqfca9b5ralcakv295lcab1fs5b.jpg

Nuwe baba’s

Maart 31, 2008 at 2:20 nm | In Vorige paadjies | 6 Comments

avatar_8042.jpg

Ek lees op baie blogs van babatjies wat oppad is. En ek wonder hoeveel van ons blog-mammas wat se kinders al groot is dink terug aan die tye  toe hulle babatjies gehad het? Wel ek doen.

Toe ons oudste oppad was (1987) was dit hoogmode om voorgeboorteklasse by te woon. Die “ghurru” destyds in Pretoria was Tannie Anna Cronje. ALMAL het van haar geweet en jong toekomstige mammas het tougestaan vir klasse by haar. So het sy ons ook voorberei  vir hierdie groot gebeurtenis in ons lewe. Toekomstige pa’s moes ook een of twee klasse bywoon en dit was natuurlik ‘n bron van groot snaaksighede.

So vertel sy ons van die tassie wat jy moet pak ten minste 2 maande voor die tyd ….en ek doen dit. Ek pak ook die nuwe baba se sak vir die dag as ons tweetjies huistoe gaan, en sit dit neer waar pa dit kan sien die dag as ons uitkom. Ek wys hom ook die sak en herinner hom telkens om NIE die sak te vergeet nie!  Die tyd breek aan en ek, en pa, en my tassie is hospitaal toe. Clarissa word gebore en die dag breek aan dat ons kan huistoe gaan.  Daardie dae was daar nie selfone nie en die suster aan diens bel sommer vir pa en laat weet sy kosbare vraggie kan gehaal word.

Pa daag op…..breë bors en gereed! Maar toe ek vra waar is die baba se sak wat gereed in die nuwe babakamer staan, val sy gesig. Die sak staan by die huis. Terug ry is buite die kwessie en my verstand werk oortyd. Vroeër die week het vriendinne vir my kom kuier, een het ‘n doek gebring wat sy een keer by my geleen het vir haar baba, die ander bring ‘n kaartjie met ‘n doekspeld voor aan vasgesteek. Daar het baba toe ‘n doek en ‘n speld. Willie het ook gedurende die week ‘n dra-bedjie gekoop en sommer daar by my kom los en saam daarmee die pragtigste kanterigste waterdigte broekie. Ek sit die doek vir Clarissa aan, met die speld, en trek die broekie aan. Ek draai ons eersgeborene styf toe in my nagrok en druk my japon knussies oor haar in die nuwe dra-bedjie. Intussen staan Willie en waghou by die deur en keer al wat suster is wat wil kom help. Daardie jare het die susters ook nog vir jou die baba kar toe gedra en jou daar afgesien. Vandag doen ons dit anders dink ek by myself. Willie neem die dra-bedjie trots en begin vasberade aanstap. En arme ek….ek moet die personeel face en verduidelik dat hierdie pa nie meer kan wag nie en ons sommer self sal regkom, geen hulp is meer nodig nie dankie!

Soos blits is hierdie nuwe ouerpaar by die hospitaal uit en in die kar. Veilig tuis kom vertel buurvrou my hoe sy gestaan en dophou het die dag toe Willie ons gaan haal het. Sy het te vertelle dat hy drie keer kar toe geloop het en telkens moes omdraai om iets te gaan doen in die huis……maar drie keer het hy nie die baba-sak onthou nie.

So my raad aan al die nuwe mammas……….gaan eerder met ‘n hengse  trek hospitaal toe, en moenie die toekomstige pa met te veel takies opsaal nie!! Laat jou nuwe baba ten minste goed geklee tuis kom!!

Maar bowenal…….GENIET ELKE OOMBLIK DAARVAN!!

avatar_9052.jpg

Dierbare Dellie……

Maart 27, 2008 at 12:39 nm | In Vorige paadjies | 6 Comments

Dit is vir my wonderlik hoe bande gesmee word op die blogs.  Ek ken nie vir nie Dellie, maar kon op haar knoppie druk vir hulp met WordPress.  Ek is regtig rekenaar gestremd  en kry nie altyd alles lekker reg met die bloggery nie.

Dankie Dellie vir jou hulp en aanstuur van ‘n verstaanbare dokument met al die hulp wat nodig is. Ek sal nou maar gaan sit en alles deeglik bestudeer en wie weet ……. dalk lyk my possie ook een van die dae ‘n bietjie meer interessant!

Ek is tans bietjie skaars op die blog maar my broer is nog by ons en ek is taamlik besig rondom sy versorging.

Ek laat die volgende gedagte by julle:  “to the world you might be one person…

                                                                     but to one person you might be the world…….

Twaailaait

Maart 13, 2008 at 1:55 nm | In Vorige paadjies | 5 Comments

 Ek hou nie daarvan om ander mense se werk op my blog te gebruik nie.  Maar hierdie was vir my so snaaks en ek het dit gebêre.  Ek kan nie onthou waar ek dit gekry het of wie s’n dit was nie.  Ek sê jammer vir die persoon met wie se kalwers ek ploeg……..maar geniet dit!

Ek weet oom Hennerik van ‘next door’ is op pad voor ek sy geskuifel by die voordeur hoor so ‘n paar dae gelede. Die worshonde vertel my. Hulle hol op en af tussen die voordeur en die kombuis en igonoreer die yskas. In die yskas is weense worsies en sjoklits en my worshonde kan die oopmaak van die yskas en die geritsel van ‘n tjoklit papier en ‘n weense worsie pakkie vanaf ‘n myl weg ruik.Oom Hennerik het altyd ‘n knipmes en ‘n stukkie biltong in sy sak en hy kerf dit sulke lekker kou stukkies vir hulle af en biltong is hoër op die lys van gunsteling mmmmmmmmpies (die ‘magic ‘woord) as worsies en tjoklits. Oom Hennerik hou van worshonde.

Ek sien oom Hennerik is beswaard en ek loop haal solank die KWV en water uit want dit is na alles “sundowner” tyd en oom Hennerik maak baie beter bors skoon met ‘n knertsie in die hand. Oom Hennerik teug so aan die KWV en sug ‘n keer of wat. Dis die teken dat ek moet vra wat’s fout en ek doen so.“Jongie”, sê hy. “Die tante is erg omgekrap”, en hy tuur so in die verte en suie nog so ‘n bietjie aan die KWV’tjie. “Jy sien ek loop nou die middag maartjies om solank die pos te loop uithaal want die tante is aan’t kook vir die honne en die katte”. (Tante en die buurvrouens maak beurte om vir die buurt se arsenaal van honde en katte kos te maak. Dis ‘n mengsel van pap, hoenderpote en sous. Elkeen kry ‘n kookbeurt en dan deel hulle dit tussen die lot van hulle vir die week se rantsoene. Dis net my worshonde wat nie saameet nie want EK gril vir die brousel. ) “Innie pos is daar net so ‘n kaartjietjie-dingetjie aan die tante geaddresseer en eers skrik ek my buite weste want ek dog ek het dalk ‘n verjaarsdag of ‘n ding vergeet, maar ek onthou die tante verjaar mos eers so skuins duskant Krismis en toe loop gee ek vir haar die kaartjietjie-dingetjie en sy sê; maak ook, maak oop jy kan mos sien my hanne is besig.” Oom Hennerik sug weer swaar en teug eers weer ‘n bietjie aan die KWV’tjie en ek sien ek sal aanstons moet opvul, maar oom Hennerik moet eers sy sê sê.“Jongie, ek maak die kaartjietjie oop en dis ‘n uitnooisel na ‘n tee-ding. Jy weet mos een van daarie goeters wat julle vroumense doen as een in die huwelik gaan tree”“Kombuis-tee, oom”, help ek hom.“Ja, net so! Ai toggie, die ou wêreld, Ag ja”, sug hy.“Nou wat nou oom?” help ek.“Jy sien die neukery is dat die tante nie eers die mens wat wil loop trou al ooit in haar dags des lewens gesien het nie. Maar hier kom hierdie kaartjietjie aan en hulle seg die tante moet R300-00 stuur vir die persente en dan moet sy nog vadoeke en sulke goeters ook saamvat vir die tee-ding. En daar is ’n lys by van al die goeters wat hulle wil koop met almal se R 300-00′de en dis alles sulke verskriklike duur goed. Ek lees die ding so en voorlat ek nou die fout maak om hardop te loop lees en daar kom ‘n ongeluk want die tante staan en roer aan die pot warm pap, dink ek miskien moet die tante die kaartjietjie later self lees en ek sê so. Maar nou ken jy ook die tante. As sy ‘n ding wil, dan wil sy ‘n ding! Maar ai, ek moes maar liewer my voet neergesit het en die tante daarop gewys het dat die Bybel sê jy moet jou man gehoorsaam. Maar ek gee maar in. Ai, ai, ai. En die arme Twaailaait. Tsk, tsk, tsk”.Verduideliking: Twaailaait is ‘n swart rondloperkat wat een aand so by sononder by oom Hennerik en die tante ingetrek het – vandaar sy naam. Dit was liefde met die eerste opslag tussen Twaailaait en die tante en waar die tante gaan, daar gaan Twaailaait. Nou, met die pap en hoender kokery sit Twaailaait bokant die stoof in die vensterbank die kokery en gade slaan en vir sy moeite kry hy natuurlik so nou en dan ‘n proe-stukkie uit die pot.

Ek gaan “top” die KWV’tjie op, oom Hennerik gee ‘n goeie suig aan die glas en vertel verder. “Ja, daar loop maak ek die fout en lees hierrie ding vir die tante. Maar sy roer daai pappot eers dat ek dink die ding foeter nou skoon van die stoof af en toe pluk sy daai houtlepel uit die pappot en soos waffere “spietkop” wat in spitsverkeer jou ry-hier-en-ry-daar, waai sy die ding in die lug rond terwyl sy onbetaamlike woorde gebruik oor die blêrrie tjeek van wie ook al die ding vir haar, ‘n vreemdeling so-te-sê, gestuur het en waar de hel moet sy, ‘n pensionaris R 300-00 uitkrap vir ‘n persent vir iemand wat sy haar oê nog nooit op geslaat het nie. En met die waai van die lepel vol warm pap, klap sy vir Twaailaait deur die gevreet en ander kant by die venster uit. Eers toe hy grondvat aan die ander kant, skrou arme ou Twaailaait net eenmaal soos ‘n afkopskaap en ek sien hy hol doer oor die draad en in die veld in. En ek sê, mamma was dit nou nodig? en sy vererre haar vir my en sy gooi daai einste paplepel hier in my geweste waar ek by die kombuisdeur in die lig gestaan en die kaartjietjie vir haar voorgelees het. Haar aaim hierrie keer is nie so goed nie en sy mis my met duime, kind, duime. Maar ek besluit daar kan nou ‘n erge skermutseling in daai kombuis wees as ek my nie liewer uit die voete uitmaak nie en ek loop kyk liewer waar Twaailaait is.

Ag, ja”.“En is Twaailiaat OK oom?”“Nee, hy het doer onder ‘n bos oorkant die straat loop sit maak en al hoe ek weet dis hy, is die stuk wit pap wat so dwars oor sy kop gepleister sit. En hy krap en hy krap om die stuk warm pap van sy kop af te kry maar ek dink die blessitse pap was nog so warm dit het sy pote ook nog gebrand”.“Haai shame, oom Hennerik?” En waars Twaailaait nou?” vra ek dood besorgd.“Nee hy loop maar so op en af tussen die jaart en die bos daar oorkant. Die tante probeer hom nader lok met pierinkies melk maar as hy haar sien dan hol hy. Nou sit sy maar die kos doer by die hek neer en elke dag bring sy die bakkie bietjie nader, maar Twaailiaat kom nie huistoe nie. Hy mag 9 lewens hê maar die blessitse kat leer darem uit sy foute. Nou’s die tante natuurlik eers opstêrs oor die tee-ding”.“Ek neem aan die tante het die uitnodiging van die hand gewys?”“Luister, jongie, hier op my jare kom leer Twaailaait my ‘n ding. Jy karring nie waar die warm pap vandaan gekom het nie. Nie as jy weet wat goed is vir jou nie.”

So het ek en oom Hennerik die nag in verwyl met nog ‘m KWV’tjie of twee. Twaailaait slaap nou in die garage en oom Hendrik gaan sit maar die kossies neer want Twaailaait het sy liefde vir die tante skynbaar verloor. Of hy’s net dêm versigtig!. 

Mag ek maar droom?

Maart 11, 2008 at 1:22 nm | In Vorige paadjies | 6 Comments

Wie van julle voel soos ek? Moeg vir die gejaag en geskarrel…….waarna?

Mag ek vandag droom van ‘n wit rietdakhuisie by Struisbaai?

Mag ek droom van ‘n paar hoendertjies wat om die huis rondskrop?

Mag ek droom van ‘n groentetuintjie (natuurlik omhein…..daar’s hoendertjies jy weet!)

Mag ek droom van daardie unieke kleur van die see, en daardie spesiale waai van die wind?

Mag ek droom van gaan vis koop by die “skyde”?

Ek is moeg vir die stad………..Mag ek maar droom?

Liefde is……..

February 15, 2008 at 11:58 vm | In Vorige paadjies | 12 Comments

Gisteraand kon ek en Willie vir die eerste keer in 2 en ‘n halwe maand vir die eerste keer alleen uitgaan. Ons kon my broer by die versorger en my ma los en vir ‘n rukkie uitgaan.

Ek weet nie hoeveel van julle ken vir Kallie Roos, die motiveringspreker nie. Wat ‘n merkwaardige man! Hy het onlangs by ons gemeente ingeskakel en van die praatjies wat hy hou gebeur nou gereeld by Wiessenhof by die Irene Village Mall hier naby ons.  En dit is toe nou waar ek en Willie sommer net gaan sit en ontspan het. Jy bestel watookal jy lus is om te eet of te drink ( of wat jou sak pas) en as almal so teen 7.30 gesettle is, begin hy so vir 30 minute gesels.

Sy tema gisteraand was “Liefde is…” 

Hy gebruik die beeld van drie sirkels wat mekaar in die middel oorvleuel, en liefde is daardie deel in die middel waar die drie sirkels oorvleuel.

Die eerste spoor van drie in die  Liefde is -sirkel is OM NA JOUSELF OM TE SIEN,  fisies en geestelik. Om jouself ruimte te gee om te verbeter. Gun jouself tyd om bv. ‘n nuwe vaardigheid aan te leer, tyd om te doen dit waarvan jy hou. Versorg jou liggaam en jou gees.

Die tweede spoor in die sirkel is OMGEE VIR DIE MENS(E) NAASTE AAN JOU. En dan ook aan hulle die geleentheid en die spasie te gee, sodat hulle hulleself ook net soos jy self kan verryk en versorg

En die derde spoor in die sirkel is RESPEK VIR ANDER MENSE IN DIE SAMELEWING. Elkeen met sy eie agtergrond,godsdiensopvatting, kultuur, huislike omstandighede het net soos ek en jy die nodige respek nodig.

Ek deel hierdie met julle omdat dit vir my so ‘n eenvoudige resep vir Liefde is en dit so ‘n kosbare iets is wat mens maar net daagliks saam met jou kan dra. Veral deesdae in die omstandighede waarin ons lewe is die waar Liefde nie juis iets waaraan daar baie gedink word nie.

‘n Liefdevolle naweek aan almal!!

10 dinge vat my afpp

February 6, 2008 at 10:15 vm | In Uncategorized | 9 Comments

 Xanika het my “getag” en die volgende sal my maak ‘n pofadder oopmond soen….

1.  Mense wat kuier op die telefoon …..ten spyte van lang stiltes wat niemand iets sê nie. 

2.  Taxi’s wat in die geel streep by my verbyskiet terwyl ek wetsgehoorsaam in die verkeer vassit.

3.  Mense wat dink geld en status is alles in die lewe.

4.  Slegte tafelmaniere!!!!

5.  As ek nie op kantoor is nie en iemand werk op my rekenaar……en maak dan foute!

6.  Ouers wat hulle jong kindertjies voor langs hulle in die kar laat sit sonder ‘n veiligheidsgordel

7.  Diere- en Kindermishandeling.

8.  As my man jaag en dink hy moet alles uithaal om heel voor AL die  karre op die snelweg kom! En dan sê hy vir my hy doen dit want hy KAN!

9.  Ons mede – landgenote wat nie weet om duidelik oor ‘n telefonn te praat nie!

10.  Laaste maar defnitief nie die minste nie………KOUE BADWATER  veral as ek my regmaak vir ‘n lekker lang bad en die hele huishouding het voor my dieselfde idee gehad!

 Ek Tag vir Eben en Vygie

Terugvoer ….. en my liewe man.

Januarie 30, 2008 at 8:36 vm | In Vorige paadjies | 14 Comments

Ek kan terugvoer gee oor my broer.  Ek is baie bly om te kan sê my broer kan met ondersteuning darem nou al kort entjies voetjie vir voetjie loop! Daar is egter nog geen beheer oor die arms en hande nie.  Hy is sedert verlede Woensdag in ‘n Stepdown eenheid en die mediese fonds sou tot vandag betaal. Ek wag dus in spanning om te hoor of die dr. se aansoek vir nog ‘n paar dae suksesvol was. In dien nie moet hy na my toe kom vir verdere versorging. Ek sal dan maar gebruikmaak van ‘n instansie wat careworkers uitplaas om my te help. Hy dra nog doeke en kan niks vir homself doen nie.  So, hou asseblief duime vas vir nog ‘n paar dae in die eenheid!

Julle het nou al in’n vorige post gelees van my man.  En toe ek Da Mario se post oor PMS lees toe sit ek en wonder oor die mansgeslag…….. en ek besef ‘n man se ego is iets wat jy nie moet onderskat nie en nie moet aantas nie.

So ‘n paar jaar terug voel my man ek het nou lank genoeg aangekruie met my ou Soho’tjie en hy koop vir my ‘n mooi wit Mercedes A190.  Man ek is soooo in my skik en pas my karretjie op soos goud.  Een ogged by die aerobiese klasse vertel ‘n vrou  hoe sy die oggend moes sukkel om haar kar uit die garage te kry, want haar kant se deur wou om die dood nie oopmaak nie.  Sy manouvre toe haar kar met heen-en-weer aanby die ander kant se deur uit.  Die aand vertel ek dit vir manlief. Sy antwoord:  “Ag dis maklik, ek wed jou ek sal JOU  kar in ons garage kan OMDRAAI en aan my kant uitry” Vannaand word my kar in flarde gestamp dink ek by myself.  Willie klim ewe kordaat agter die wiel in en die uitmergelende proses van klein entjies vorentoe, agtertoe, uitklim, kyk, inklim vorentoe, agtertoe, begin! Ek fladder soos ‘n brommer om ‘n dr– al om my kar om telkens te sien hoe hy rakelings in millimeters die mure en kaste mis. Ek sien hoe Willie begin sweet, ek sien hoe ek die weddenskap wen, maar ek sien ook hoe my man se ego aan flarde lê. Maar nie my liewe man nie!  Na wat ‘n ewigheid voel stuur hy die kar vir die laaste keer vorentoe, agtertoe en voila uit by die deur! Maar helaas skuur die voorste buffer teen die garagedeur en daar sit die merk!  (Partymense praat mos van ‘n brandewynvlek) Darem nie te erg nie, maar sigbaar!  Maar die hoofsaak……..my kar is omgedraai in die garage!!! Ek moes natuurlik baie kere verduidelik waar die skraap vandaan kom en die storie het baie wyd gedraai. Maar pa se ego is ongedeerd! Hy het verlede jaar vir hom ‘n nuwe kar gekoop en moes natuurlik heelwat kere hoor of hy hom ook gaan omdraai in die garage.

My liewe man is die bron van baie giggels in ons huis. Hy besit die vermoë om woorde en name verskriklik te verrinneweer.                                                                                                                                                                                       Die bure se hond is Chitto, Willie noem hom “PINTO”                                                                                                Facebook, word “FACELIFT”                                                                                                                                                             Die snaaksste van die afgelope week was die fliek Rattatouille wat “RATTATOLLIE” geword het.

………….MY LIEWE MAN!!!!!!!

2007…..2008…..engele om ons!

Januarie 14, 2008 at 8:36 vm | In Vorige paadjies | 20 Comments

Ek kan nie glo hier is ons al klaar in die helfte van Januarie nie, en nou eers kan ek julle almal voorspoed toewens vir 2008!  Ek hoop dat dit vir almal ‘n jaar vol Vrede, Vreugde en Geluk sal inhou. Julle is almal vir my baie spesiaal, elkeen op sy eie manier…. en dankie daarvoor! 

Vir my het 2007 stormagtig afgesluit en 2008 net so stormagtig begin. Op 6 Desember word my ouboet vanaf Bethlehem per ambulans oorgeplaas na Little Company of Mary hier in Pretoria. Hy word gediagnoseer met Gullain Barre Sindroom. Stelselmatig het verlamming  deur sy hele lyf ingetree, maar gelukkig betyds behandeling ontvang sodat verlamming nie die asemhaling aantas nie. Hy spring dus die ventilator vry. Hy was vir 25 dae in Intensief en word tans nog steeds behandel in die Neorologiese afdeling van die hospitaal.  Daar is al geringe beheer oor sekere van sy arm  en beenspiere maar kan nog niks vir homself doen nie.  Hy is etlike jare terug geskei dus pendel ek 2 maal per dag na die hospitaal sodat hy darem nie heel dag alleen is nie.

Wat vir hom en ons erg was, was om Kersdag en Nuwejaarsdag in die hospitaal te wees. Ons het beide die dae maar ons mandjies gepak en die dae by hom deurgebring.

Om by te dra tot ons hartseer het my kleinboet op die 16de Desember vertrek na Londen om daar te gaan werk. So julle kan net dink wat my gemoedstoestand was met oorgang ‘07 na ‘08.

Verder wil ek vandag ‘n lansie breek vir die verpleegpersoneel van LCOM. Tot dusver het ons nog net uitstekende diens van hulle ontvang en kan ons met reg praat van engele om ons. Hulle behandel my boer met uiterste sorg en toegewydheid. Veral in die Intensiewe Eenheid was hulle absoluut wonderlik!  Die personeel van die Rehabilitasie Eenheid (fisio-en Arbeidsterapeute) is twee Godgegewe engele!

Om  te bewys hoe getrou Ons Vader is vertel my broer ons hoe hy nou al ‘n paar nagte wakker gemaak word deur iemand wat baie saggies oor sy voorkop vryf en dan ook sy bene saggies vryf. Hy voel gladnie bedreig of bang deur die situasie nie, maar uiters kalm! Onsigbare engele om ons???

« Vorige BladVolgende Blad »

Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.