Liefde vir “Lavender”
Julie 30, 2008 at 11:13 vm | Posted in Vorige paadjies | 10 KommentaarAs daar nou een reuk is wat my sommer laat swymel is dit die reuk van Lavender, of die afrikaanse woord Laventel. Vir my is dit ‘n “mood-enhancer” soos min. Dit help as ek hoofpyn het om van die aroma-terapie olie aan my slape te vryf. As ek nie kan slaap nie drup ek ‘n paar druppels op my kussing en as ek sommer net opgeklits voel smeer ek my hele lyf met ‘n heerlike lavender lyfroom.
Laventel word soms die “koningin van kruie” genoem. Behalwe vir die heerlike geur het dit onder meer antiseptiese en antibakteriese eienskappe, verrig wondere vir seer spiere en help teen slapeloosheid. Die woord is afgelei van die Latynse woord “lavare” wat “was” of “bad” beteken.
Hier is meer inligting oor Lavender
Essential Oil of Lavender (Lavandula Augustifolia) Abbr: Lav
The plant is an aromatic green, woody shrub that grows up to 1 metre in height. It has pale green, narrow, linear leaves and flowers on blunt spikes of a beautiful violet-blue.
Odour of Essential Oil of Lavender: Sweet, floral, herbaceous scent and a balsamic undertone..
Colour of Essential Oil of Lavender: Colourless to pale yellow.
Source of Essential Oil of Lavender: Flowering tops.
Method of Extraction of Lavender: Steam distillation.
Properties of Essential Oil of Lavender: Analgesic, Antibacterial, Anticoagulant, Anticonvulsive, Antidepressant, Anti-inflammatory, Antiseptic, Antispasmodic, Antitoxic, Carminative, Deodorant, Detoxifier, Diuretic, Emmenagogic, Hypotensive, Insecticide, Nervine, Sedative, Sudorific, Vermifuge, Vulnerary.
Actions of Essential Oil of Lavender: Anti-depressant, balances skin, calming, detoxifies, eases labour pain, insect repellent, relaxes muscles, skin balancing, skin toning, tonic – general.
Circulatory: Edema, fluid retention, high blood pressure, lumbago, palpitations, parasites, rheumatism, ringworm.
Digestion: Colic, diarrhea, flatulence, halitosis, indigestion, intestinal cramps, intestinal parasites, nausea, parasites, tooth abcess, vomiting.
Endocrine: Pre-menstrual syndrome.
Genito-Urinary: Fluid retention, pre-menstrual syndrome.
Lymphatic: Lymph congestion, toxicity, water retention.
Muscular: Aches and pains, backache, bruises, cramps, muscle pain, muscle spasms, muscle stiffness, sprains, strains.
Nervous: Anxiety, convulsions, depression, epilepsy, fainting, insomnia, irritability, headache, hysteria, nervous insomnia, nervous shock, nervousness, paralysis, stress related problems.
Respiratory: Asthma, bronchitis, catarrh, cough, throat infection, whooping cough.
Skeletal: Arthritis, earache, rheumatism.
Skin: Acne, alopecia areata, athletes foot, boils, bruises, burns, carbuncles, dermatitis, eczema, insect bites, lice, psoriasis, ringworm, scabies, skin disorders, skin irritations, skin rejuvenation, sunburn, wounds, wrinkles.
Medical Terms: Alopecia areata, arthritis, blennorrhea, blepharitis, chlorosis, conjunctivitis, cystitis, diphtheria, eczema, fistula, leucorrhea.
Mental/Emotional Symptoms: Anger, anxiety, calming, depression, hysteria, insomnia, migraine, promotes sleep, relaxing, shock, tension, uplifting.
Contra-Indications for Lavender: Pregnancy – first trimester (use on advice of professional after 1st trimester). Very low blood pressure. Overuse may cause sensitization.
Comments on Lavender: Lavendula Augustafolia is the most delicately scented Lavender and the most important medicinally.~Probably the most versatile oil, Lavender is an excellent oil for burns, muscular problems, anxiety and sleep disorders.~Used with other oils, Lavender has a balancing effect on the entire blend.~During labour Lavender will reduce pain and strengthen contractions when massaged on the lower back.~This oil is also excellent for use on insect bites or other skin irritations and is one of the few that is safe to use undiluted on the skin (except on infants and young children).~It is important to remember that overuse may cause sensitization and that no more than 12 drops per day should be used on a healthy adult – less for children or elderly.
EK WONDER…….
Julie 29, 2008 at 12:34 nm | Posted in Vorige paadjies | 10 KommentaarDaar is mos party dinge in die lewe waaroor mens soms wonder. Vandag wonder ek oor ons en diere.
Hoekom roep ons ‘n kat soos ons doen……”kietsie, kietsie, kietsie……
En hoekom roep ons ‘n hond met die lippe smak geluid ???????????????
Wie gaan dit waag met antwoorde?
…….ek is nog hier…….
Julie 3, 2008 at 11:18 vm | Posted in Vorige paadjies | 12 KommentaarTags: Add new tag
Ja ek is nog hier…..springlewendig en gesond! Weet net nie altyd of ek in die lug of op die grond is nie. En die laaste twee dae verskriklik gesukkel om te post op WP.
Ons was baie besig met ‘n groot staatstender wat ons moes indien. Ons hoop van harte dat ons dit sal kry…..maar met die staat en betaling…….hoor maar rillers.
Ons kon in die verlede voor ons die besigheid oorgeneem het kon ons altyd Julie vakansies weggaan. En hierdie jaar mis ek dit nou regtig!! Dit was altyd ons vakansie vir Natalse Noordkus en Snorkel!!!
Die mooiste snorkel plekke in ons land is by Cape Vidal, Mabibi en Kosibaai(by die mond).
Die van julle wat snorkel sal weet dat dit regtig die wonderlikste en goedkoopste ervaring van die see-lewe is. Willie probeer my oorreed om te scuba maar ek wil in beheer wees van wanneer ek my kop bo die water wil uitlig sonder enige gevaar van borrelsiekte en wat nog.

By Cape Vidal snorkel jy as jy van mense om jou hou. Omdat Julie ook gewoonlik die visvang tyd is raak die mense vir my soms baie. Die snorkel is egter pragtig en jy sien die mooiste visse.
Mabibi is die snorkel hemel van Suid Afrika. Dit is daar nie snaaks as jy met laagwater op die strand aankom en niemand anders as die Parkeraad se wag daar aanterf nie. Die gesogte Tonga Lodge is egter nou daar en ek glo so ‘n stukkie van die rustigheid is daarmee heen. As jy daar jou kop onder die water indruk voel dit asof jy in ‘n ander wêreld is. Daar het ek die ervaring gehad van ‘n nuuskierige Moray Eal wat al agter my aan geswem het. Aanvanklik het ek my lam geskrik en so onder die water gegil dat die mense saam met my gedink het dis ten minste ‘n haai wat my agtervolg. Hier wil mens nie uit die water nie…..want jy is bang jy mis iets. Ons het ook al die waterskilpaaie hier in die water gekry. As jy klaar gesnorkel het is dit heeerlik om sommer net in die rotspoele te lê en kuier, en jou vis-boek vir die 100ste keer deur te kyk en te “brag” oor watter visse jy gesien het. Mabibi is absoluut hemels!!!!
a src=”http://voetjies.files.wordpress.com/2008/07/moray-eel.jpg” alt=”" width=”143″ height=”111″ class=”alignnone size-full wp-image-88″ />
Kosibaai is ook ‘n belewenis. Waar die mere in die see mond is wonderlike snorkel plek. Dit is ongelukkig nou nie meer baie veilig om soontoe te gaan nie. Verlede jaar was daar aanvalle op mense wat daar gaan snorkel het. Met laagwater is die water baie vlak en sien jy al die klein vissies en soos die gety dan inkom en hoog raak, kom daar dan meer visse van die see se kant af in. Ons swem ook altyd tot waar die plaaslike gemeenskap hokke bou om vis te vang en elke keer kook my bloed as ek sien hoeveel van die mooi visse in die hokke is. Hulle vang ook van die klein vissies en ryg dit dan in toue om huistoe te vat vir kos. Dis ook hier by Kosibaai waar ons die “gazebo episode” gehad het. http://voetjies.wordpress.com/2007/11/02/kamp-en-tente/
Dit is dan nou waarna ek verlang op hierdie winters oggend. Waarna verlang jy??????
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries en comments feeds.







