TERUG!!!!!
Mei 7, 2008 at 8:19 vm | In Vorige paadjies | 9 CommentsEk is terug!!! Ons vakansie was fantasties!!!!! So lekker gerus en so lekker gekuier in die Kaap!
Ek het my broer huistoe geneem en dit klink of alles daar ook glad verloop. Ek hat almal touwys gemaak en hulle die dood voor die oë gesweer as hulle hom nie elke minuut van die dag oppas nie……en hulle doen! Dankie aan almal wat so aan ons gedink het in hier die moeilike tyd wat ons deur is.
My huis is ook nou weer in orde en alles op hulle plek waar dit hoort. Dit voel skoon vreemd, maar tog lekker!
En dan………ek het my hart verloor! Toetaal en al in sy glorie in verloor! My stadshart lê verlore op die wit sand van Paternoster. Ons het langs die Weskus gery en daar het gesien en ervaar hoe rustigheid jou werklik kan omvou!
PATERNOSTER
Jou wind het my stadsbrein
kom deurmekaar waai.
Jou lê gekry in my elke gedagte!
Jou blink blou see
het in my oë geglinster,
en my kyk na die stadslewe
kom deurmekaarspoel!
Jou kindertjies het vir my skulpies geggee
en vir my gesing.
Paternoster, Weskusjuweel,
Ek wil jou koester.
Ek wil met my tone in jou sagte wit sand vroetel
……….vir altyd………….
Dis hoe ek voel na my vakansie, en dis my misie en my droom……’n huisie by Paternoster!
9 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Lewer kommentaar
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.



Welkom terug, Paternoster het jou hart gesteel
Comment deur Wipneus! — Mei 7, 2008 #
Welkom terug en ek is so bly dit het goed gegaan by die huis… Ek’t nogal geworry… Paternoster is nou maar eenmaal sielskos…
Comment deur Pikkelik — Mei 7, 2008 #
Bly jy het lekker gekuier!
Comment deur netjane — Mei 7, 2008 #
Ek’s amptelik jaloers…Paternoster – wat ‘n plek!
Comment deur boerinballingskap — Mei 7, 2008 #
Dit is baie pragtig daar maar ai, dit is onmenslik duur.
Comment deur rosalindfranklin — Mei 7, 2008 #
Jy sal nie verkeerd kies om langs die Weskus te bly nie. Snoek, gebakte patat en bruin brood met korrelkonfyt. MMMMMMMMM!
Comment deur Rustig — Mei 7, 2008 #
Welkom terug en ek is seker hulle sal mooi na jou boet kyk!
Hoop jou droom word waar oou jou huisie by Paternoster!
Comment deur Zee — Mei 8, 2008 #
Ek is effens groenerig… maar ek is baie bly dat jy lekker gerus het. Jy moet net sorg dat daardie huisie van jou genoeg kamers het, want jy gaan dalk ‘n paar ongenooide gaste kry!
Comment deur Dellie — Mei 8, 2008 #
Ons ken mekaar nog nie, maar baie welkom terug!
Comment deur Paula — Mei 12, 2008 #