TERUG!!!!!

Mei 7, 2008 at 8:19 vm | In Vorige paadjies | 9 Comments

Ek is terug!!!  Ons vakansie was fantasties!!!!! So lekker gerus en so lekker gekuier in die Kaap!

Ek het my broer huistoe geneem en dit klink of alles daar ook glad verloop.  Ek hat almal touwys gemaak en hulle die dood voor die oë gesweer as hulle hom nie elke minuut van die dag oppas nie……en hulle doen! Dankie aan almal wat so aan ons gedink het in hier die moeilike tyd wat ons deur is.

My huis is ook nou weer in orde en alles op hulle plek waar dit hoort. Dit voel skoon vreemd, maar tog lekker!

En dan………ek het my hart verloor! Toetaal en al in sy glorie in verloor! My stadshart lê verlore op die wit sand van Paternoster. Ons het langs die Weskus gery en daar het gesien en ervaar hoe rustigheid jou werklik kan omvou!

   

PATERNOSTER

Jou wind het my stadsbrein

kom deurmekaar waai.

Jou lê gekry in my elke gedagte!

Jou blink blou see

het in my oë geglinster,

en my kyk na die stadslewe

kom deurmekaarspoel!

Jou kindertjies het vir my skulpies geggee

en vir my gesing.

Paternoster, Weskusjuweel,

Ek wil jou koester.

Ek wil met my tone in jou sagte wit sand vroetel

……….vir altyd………….

Dis hoe ek voel na my vakansie, en dis my misie en my droom……’n huisie by Paternoster!



Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.