Ken jy ‘n “Boere-mama”????

Mei 27, 2008 at 7:36 vm | In Vorige paadjies | 15 Comments

Dankie tog vir ons tipiese boere mamma instinkte!!!

My jongste dogter is in matriek, en sy en ‘n vriend besluit soos baie jongmense om volgende jaar die buiteland aan te durf. Die www word gefynkam en hulle plaas hulle profiel op ‘n Au Pair lys in die UK.  Na ‘n paar dae ontvang hulle terugvoer van Dr Jamie Robison in Liverpool wat hulle baie graag wil aanstel. CV’s word gevra en aangestuur. E-mails word verwissel en alles lyk belowend.

Gister begin hierdie “boere-mama” ondersoek instel na die Dr, want  sal sy nie rus tot sy alles weet van die ou nie…..tot by die onderbroek-grootte!! Google al wat ‘n mediese praktisyns- lys in die UK…..geen Dr Jamie Robison! Bel my broer by ‘n groot hospitaal in Londen en hy moet ondersoek instel.  Gister aand kry die kinders weer ‘n e-pos van die Dr wat sê hy sal solank begin met “document to enter UK” En hoe sê Nenna van Egoli “ek voel so aan my water, hier is iets nie lekker nie”  Ek google weer die naam en die eerste skakel na die naam is ‘n waarskuwing………..”au pair complaints”!!!!!

Natuurlik!!!!!! Nigeriers wat weer scam!!! Hulle gee voor hulle is hierdie welgestelde ouers wat Au Pairs soek, wissel e-posse en stel dan Reis agente voor en dan natuurlik die ou storie van geld wat gestuur moet word nadat hulle kamstig alles in orde het en klaar betaal het. Ons het hom natuurlik duidelik laat verstaan dat ons bewus is van dit waarmee hy besig is!!

Vanoggend kan ek my oë toemaak en Die Vader dank vir hierdie spesiale moeder instink wat Hy vir ons gee.

 En ek wonder hoeveel arme kinders is alreeds deur hierdie “scam” gevang!!

NEE “VAALSEUN” UIT NIGERIë…….JY KEN NIE ‘N BOERE-MAMA NIE!!!!!!

                                                                          

Kinders!!!

Mei 12, 2008 at 12:52 nm | In Vorige paadjies | 14 Comments

Verlede naweek kon ons die ongelooflike rustigheid in ons huis nie glo nie. Pa installeer die videomasjien wat lanklaas gebruik is en toe die kinders almal Saterdag aand uit is, haal ons al die gesin se ou videos uit en verkneukel ons aan ons gesin se doen en late van so ongeveer 17 jaar terug. Ai die klere die hare en ons lê soos ons lag vir die kinders se maniertjies.

Dit laat my terugdink aan toe ons oudste in Gr1 was. So 15 jaar terug. Ons was vir die Paasnaweek by ‘n Jagplaas naby Tolwe in die Bosveld. Ons was 3 gesinne wat daar gaan uitspan het. Dit was die tyd wat die klaargemengde drankies soos Harvey Wallbanger, Blue Movie, Screwdriver ens net die lig gesien het. So word ek een aand ‘n Bue Movie aangebied….wat bietjie sterk vir my gestel was met die gevolg dat ek my drankie gedrink, en toe sommer gaan omkap het op die bed. Tot genot van die res van die geselskap…..natuurlik.

So moet die graad 1 klas mos (soos streng volgens die ou skooltradisie van destyds) die eerste dag van die skoolkwartaal alles vertel wat die vakansie gebeur het. (Onderwysers is die eerste dag mos maar min lus vir werk en wat is nou lekkerder as om die jongste nuus uit die gemeenskap te hoor?)

Toe dit my kind se beurt is staan sy op en vertel dat ons op ‘n jagplaas was vir die naweek “en weet juffrou,my ma moes na haar eerste blue movie reguit bed toe gaan!!” Nie verduidelik van drankies nie, niks….net dit. Die hele gedoente kom toe via die beste maatjie se ma by my uit. Sy sê haar dogter kom by die huis en vertel haar die storie en vra wat is ‘n blue movie. Want blykbaar moes die juffrou die vertelling liewers kortknip…..het mos nou nie geweet van die nuwe drankie nie.

Gelukkig het ek die juffrou geken en het op die eerste en beste geleentheid die situasie gaan verduidelik. Sy het lekker gelag en was natuurlik effe verlig ook…..bygesê.

So kan kinders mens partykeer sonder jou medewete in ‘n baie verdagte lig bring……en onnies lekker laat giggel!

                                                                           

TERUG!!!!!

Mei 7, 2008 at 8:19 vm | In Vorige paadjies | 9 Comments

Ek is terug!!!  Ons vakansie was fantasties!!!!! So lekker gerus en so lekker gekuier in die Kaap!

Ek het my broer huistoe geneem en dit klink of alles daar ook glad verloop.  Ek hat almal touwys gemaak en hulle die dood voor die oë gesweer as hulle hom nie elke minuut van die dag oppas nie……en hulle doen! Dankie aan almal wat so aan ons gedink het in hier die moeilike tyd wat ons deur is.

My huis is ook nou weer in orde en alles op hulle plek waar dit hoort. Dit voel skoon vreemd, maar tog lekker!

En dan………ek het my hart verloor! Toetaal en al in sy glorie in verloor! My stadshart lê verlore op die wit sand van Paternoster. Ons het langs die Weskus gery en daar het gesien en ervaar hoe rustigheid jou werklik kan omvou!

   

PATERNOSTER

Jou wind het my stadsbrein

kom deurmekaar waai.

Jou lê gekry in my elke gedagte!

Jou blink blou see

het in my oë geglinster,

en my kyk na die stadslewe

kom deurmekaarspoel!

Jou kindertjies het vir my skulpies geggee

en vir my gesing.

Paternoster, Weskusjuweel,

Ek wil jou koester.

Ek wil met my tone in jou sagte wit sand vroetel

……….vir altyd………….

Dis hoe ek voel na my vakansie, en dis my misie en my droom……’n huisie by Paternoster!



Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.