Tyd om te rus……
April 15, 2008 at 10:53 vm | In Vorige paadjies | 12 CommentsDie tyd het nou aangebreek dat ek en Willie ‘n bietjie kan gaan rus!!!! My broer het darem al in so ‘n mate herstel dat ek hom na 5 maande met ‘n geruste hart in iemand anders se hande kan laat. My kleinboet kom van Londen kuier en sal die fort kom hou. Ons vlieg Vrydag Kaap toe vir ‘n week. Bly in die Kaap en gaan kuier in Hermanus, Bettiesbaai en Ceres.
Sy vordering is regtig baie goed en ons is baie dankbaar daaroor. Hy loop al amper alleen, alhoewel iemand maar naby moet loop en sy hande begin weer stadig aan vat. Sy arms is nog nie beweeglik nie, maar ons glo dit sal ook vinnig herstel. As ons terugkom gaan ek dan vir ‘n week saam met hom huis toe in Kestell om te sien dat die persone wat hom daar sal oppas die mas opkom. Dit is vir my erg dat hy nou wil huistoe gaan, maar ek verstaan volkome dat hy sy plekkie en sy vriende en kollegas mis.
Kestell in die Vrystaat………baie koud!!!!
Ek groet dus en gesels weer so oor 2 weke
12 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Lewer kommentaar
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.




Ek’s bly om te hoor dat daar al soveel vordering met jou broer is! Julle moet julle vakansie in die Kaap geniet hoor!!
Comment deur Kaalvoetkind — April 15, 2008 #
Geniet die vakansie voetjies. Jou broer maak goeie vordering!
Comment deur Wipneus! — April 15, 2008 #
Dit klink hemels, julle moet dit geniet!
Comment deur mykopop — April 15, 2008 #
Geniet dit.
Comment deur Pikkelik — April 16, 2008 #
http://biegblok.wordpress.com/
Comment deur biegblok — April 21, 2008 #
Geniet die week in die Kaap!
Comment deur Paula — April 22, 2008 #
Dankbaar dit gaan goed met jou broer.
Julle moet julle welverdiende vakansie geniet en soos ek altyd se ek beny julle almal, want ek was nog nooit in die Kaap. Maar my beurt kom seker Desember.
Comment deur Eben — April 26, 2008 #
Wil net se ek het lekker gekuier op jou blog.
Comment deur Lewies — April 26, 2008 #
Hi, Ek dink so baie aan julle! Bly sy gesondheid is beter. Hoop net die versorging is soos jy dit sou gedoen het!
Geniet die pragtige Vrystaat, al is dit koud! Daar is anyway nerens nog ‘n plek soos die Vrystaat nie! Veilig ry! Liefde
Comment deur Tersia — Mei 5, 2008 #
nou toe, voetjies, dis nou al meer as 2 weke—- is julle nou al veilig terug?
is nuuskierig om te weet hoe dit gegaan het?
laat daai vingers raas op die sleutels, ons is nuuskierig!!
Comment deur Antie Koekie — Mei 5, 2008 #
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
IF YOU NEED A BLOG, DONT FORGET TO SEE WEBSITE “Leoxa.com”
(The Themes Is Very-very Beautiful & Also Able To Place Adsense)
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Comment deur kang4roo — Mei 6, 2008 #
481ff0cab3…
481ff0cab3…
Trackback deur 481ff0cab3 — Mei 6, 2008 #