Liefde is……..
February 15, 2008 at 11:58 vm | In Vorige paadjies | 12 CommentsGisteraand kon ek en Willie vir die eerste keer in 2 en ‘n halwe maand vir die eerste keer alleen uitgaan. Ons kon my broer by die versorger en my ma los en vir ‘n rukkie uitgaan.
Ek weet nie hoeveel van julle ken vir Kallie Roos, die motiveringspreker nie. Wat ‘n merkwaardige man! Hy het onlangs by ons gemeente ingeskakel en van die praatjies wat hy hou gebeur nou gereeld by Wiessenhof by die Irene Village Mall hier naby ons. En dit is toe nou waar ek en Willie sommer net gaan sit en ontspan het. Jy bestel watookal jy lus is om te eet of te drink ( of wat jou sak pas) en as almal so teen 7.30 gesettle is, begin hy so vir 30 minute gesels.
Sy tema gisteraand was “Liefde is…”
Hy gebruik die beeld van drie sirkels wat mekaar in die middel oorvleuel, en liefde is daardie deel in die middel waar die drie sirkels oorvleuel.
Die eerste spoor van drie in die Liefde is -sirkel is OM NA JOUSELF OM TE SIEN, fisies en geestelik. Om jouself ruimte te gee om te verbeter. Gun jouself tyd om bv. ‘n nuwe vaardigheid aan te leer, tyd om te doen dit waarvan jy hou. Versorg jou liggaam en jou gees.
Die tweede spoor in die sirkel is OMGEE VIR DIE MENS(E) NAASTE AAN JOU. En dan ook aan hulle die geleentheid en die spasie te gee, sodat hulle hulleself ook net soos jy self kan verryk en versorg
En die derde spoor in die sirkel is RESPEK VIR ANDER MENSE IN DIE SAMELEWING. Elkeen met sy eie agtergrond,godsdiensopvatting, kultuur, huislike omstandighede het net soos ek en jy die nodige respek nodig.
Ek deel hierdie met julle omdat dit vir my so ‘n eenvoudige resep vir Liefde is en dit so ‘n kosbare iets is wat mens maar net daagliks saam met jou kan dra. Veral deesdae in die omstandighede waarin ons lewe is die waar Liefde nie juis iets waaraan daar baie gedink word nie.
‘n Liefdevolle naweek aan almal!!
12 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Lewer kommentaar
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.
Ek is baie bly om te hoor dat julle so bietjie kon uitkom. Hoe gaan dit nou met jou broer?
Comment deur Suz — February 15, 2008 #
Goeie beginsels. Goeie les. Dankie. ‘n Liefdevolle naweek vir julle ook.
Comment deur Roer — February 15, 2008 #
Ook bly om te hoor julle kon dit darem toe geniet! Onthou julle daardie ou “Liefde Is” prentjies? Ek het een raakgeloop by die Vlaamse dame wie se blog ek lees: http://anneman.wordpress.com/2008/02/14/liefde-is/
Comment deur mykopop — February 16, 2008 #
Dit is baie mooi! Dis wonderlik om die liefde in Valentynsdag raak te sien, nie net hoe kommersieel dit geword het nie.
Mens moet eintlik net almal ‘n treë terugstaan, diep asemhaal en weer op jou lewe fokus. Die lewe en liefde het soveel om ons te bied, maar so min van ons neem die tyd soos jy en jou man gisteraand gedoen het om te stop en weer te besin. So nofige tydjies, maar tog so skaars….
Comment deur sandra — February 18, 2008 #
oeps, *nodige* en nie *nofige*….
Comment deur sandra — February 18, 2008 #
pragtig en waar!
Comment deur TristonJ — February 18, 2008 #
Begin mens by die eerste sirkel? Maw, liefde vir jouself? Ek hoop so, want ek sit juis nou by so stopstraat!
Comment deur boendoe — February 18, 2008 #
Dis ‘n pragtige manier om liefde te verduidelik… baie waar.
Comment deur Dellie — February 19, 2008 #
maak soveel sin. Goed dat jy en Willie bietjie kon uitgaan en dan nou saam na so iets kon luister ook.
Comment deur attie — February 20, 2008 #
Dis weer die eerste keer sedert die laaste week in Jan wat ek hier ‘n draai maak! Dink baie aan jou….! Sterkte met jou broer! Liefies T
Comment deur Tersia — February 21, 2008 #
Dankie vir jou mooi woorde op my blog. Bly jy geniet dit – soms lekker om net weg te raak in ‘n heel ander gedagtegang – mindset.
Groetnis
Karl
Comment deur Karl — February 22, 2008 #
voetjies , my eerste keer op jou blog en ook nie meer seker hoe ek hier geland het nie. Gaan grawe toe rond in jou ou stories en kom af op die ene van jou broer,Johan. Om te se my hele lyf was vol hoendervleis is nie n aks van die emosie wat ek ervaar het terwyl ek jou inskrywing lees nie.
Jy skryf ongelooflik mooi!
Sterkte met die nuwe dinge. Lekker gelag vir jou man se “want ek kan vinnig ry” Dis so bekend!
Comment deur pluim — Maart 7, 2008 #