Waarvoor is jy bang?
December 13, 2007 at 11:29 vm | In Vorige paadjies | 14 CommentsEk lees daar is meer as 600 verskillende fobies waaraan mense ly. Dit wissel van die mees eenvoudige tot die bizarre. Alhoewel sommige baie snaaks mag klink veroorsaak dit chaos onder die lyers en staan dit in die pad van ‘n vol en normale lewe.
Waarvoor is jy bang, en hoe erg is jou vrees?
Hier volg ‘n paar.
Aviophobia: Fear of flying
Hydrophobia: Fear of water
Myctophobia: Fear of the dark
Selachophobia: Fear of sharks
Ophidiophobia: Fear of snakes
Achluophobia: Fear of darkness
Acrophobia: Fear of heights
Agoraphobia: Fear of open spaces or of being in crowded public places.
Angrophobia: Fear of anger or becoming angry
Anthropophobia: Fear of people or society
Arachnophobia: Fear of spiders
Ataxophobia: Fear of disorder or untidiness
Dentophobia: Fear of dentists
Dishabiliophobia: Fear of undressing in front of someone
Gerontophobia: Fear of old people or of growing old.
Hemophobia: Fear of blood
Rhytiphobia: Fear getting wrinkles
Rupophobia: Fear of dirt
Dan is daar ‘n paar ongewone fobies:
Agateophobia: Fear of insanity
Alektorophobia: Fear of chickens
Allodoxaphobia: Fear of opinions
Anablephobia: Fear of looking up
Anuptaphobia: Fear of staying single
Arachibutyrophobia: Fear o peanutbutter sticking to the roof of the mouth
Catoptrophobia: Fear of mirrors
Consecotaleophobia: Fear of chopsticks
Ergophobia: Fear of teenagers
Helminthophobia: Fear of being infested with worms
Macrophobia: Fear of long waits
Politicophobia: Fear or abnormal dislike of politicians
Zemmiphobia: Fear of the great mole rat.
Ek self het ‘n geweldige vrees vir hoogtes en slange!!!
Maar na aanleiding van al die bogenoemdes kan ek myself ook klassifiseer as nogal bang vir plooie en daar om bang vir ‘n spieel (hie hie)
Die vrees vir tieners oorval my ook soms, maar dis oorkombaar!
14 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Lewer kommentaar
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.
…al wat ek weet is dat Consecotaleophobias maar sal sukkel in die Ooste!
Comment deur boerinballingskap — December 13, 2007 #
Ek het baie simpatie met mense met fobies. Ek het ‘n paar. In volgorde van ergheid:
Groot kakkerlakke (baie, baie, baie erg!!)
Vlieg
Hoogtes
Tandartse
En dis nie net sommer skrikkerigheid nie. Ek bedinges myself as ek met een van bogenoemde in aanraking kom!
Comment deur boendoe — December 14, 2007 #
Gelukkig is ek nie vreeslik bang nie, maar tog kry ek myself soms dat ek diep nadink oor dinge…..veral soos die dood, waaroor ons bv die laaste week oor soveel moes aanhoor!
My epos werk nie nou nie, ek mail weer sodra alles weer op lyn is!
Comment deur Tersia — December 14, 2007 #
Donnerdag………….. is genoeg om my ‘n fobie oor fobies te laat ‘kry’!
*mental note* soek ‘phobia-groot-woord-naam’ vir phobiaphobia! HEHE!
Seriaaaaaaaaaasly so… ek het ‘n ongelooflike ongeneeslike onoorbrugbare helse vrees vir roltrappe….
Comment deur platterfuss — December 18, 2007 #
Waarvoor bang?? …..
- As die gloeilamp blaas en ek moet die ruil, kan nie op teen leer. As ek eers opgeklim het, kan ek nie af
- Glo dit maar, padda’s!!
- Die dood, ek weet nie wat wag vir my. (kom ons los die onderwerp)
gie gie … Platty, roltrappe, alle wereld suster, liewer roltrappe as trappe klim!!
O jaaaaaa Boendoe, ek wou ook ‘n tandarts geword het in Angola. Toe ek hoor jule trek soontoe, toe staak ek my studies!!
Comment deur Eben — December 21, 2007 #
“Politicophobia: Fear or abnormal dislike of politicians”
Ek dink meeste mense het daai een!
Comment deur Roer — December 24, 2007 #
He he he, ons het jare gelede ‘n bull-terriër gehad, partykeer het ek hom net vir die sports ‘n snytjie brood met grondboontjiebotter op gegee. Ek glo nie hy’t ‘n fobie daaroor gehad nie, sy enigste fobie miskien was dat hy nie elke krieseltjie kos so vinnig as moontlik in sy maag kan kry nie.
Wat van Zumafobie?
Comment deur mykopop — December 26, 2007 #
Hehehehe, nou het ek lekker gelag vir Eben wat nie weer van die leer kan afklim nie!!!! Whahahahahaha!
Ughhmmm, OK, dis seker nie SO snaaks nie!!
gie gie…!
Ek deel Boendoe se vrees vir groot kakkerlakke – as daar ooit ‘n kakkerlak aan my moet raak – sal ek opslag dood neerval!! Mag dit my vir altyd gespaar wees!! Ek verstaan jou vrees Boendoe – dit het NIKS met skrikkerigheid te doen nie!!
Comment deur René — Januarie 3, 2008 #
sit gril ek nou oor die kakkerlakke… die bloote gedagte van die goed!! ek is ok met meeste dinge maar die aanraak van vreemde oppervlakke is my biggie… veral die verf op karre en eier doppe, ek kry hoendervleis as ek net aan dit dink!
Comment deur TristonJ — Januarie 4, 2008 #
Ek is doodbang vir vuur, as hier ooit in hierdie gebou ‘n brand moet uitbruik, spring ek uit hierdie venster, ek val myself eerder dood as om dood te brand!! Spinnekoppe, slange, motte, my lysie is nogal lank, vrek bang vir ‘n hysbak, ek klim veel eerder maar die trappe, dit is veiliger. Ek sou reken my grootste vrees is VUUR.
Comment deur SHARKS — Januarie 10, 2008 #
Sodra ek jou kan link sal ek, ek kry sedert Dinsdag net error on page.
Comment deur SHARKS — Januarie 10, 2008 #
Ek is bang vir torre… ja, daai klein bruin besie goedjies… as jy my vinnig wil sien “strip” moet jy een van hulle voor in my klere ingooi…
Comment deur Dellie — Januarie 10, 2008 #
En ek is bang dat jy van die aardbol verdwyn het! Waar is jy, Gehasi?
Comment deur boendoe — Januarie 12, 2008 #
Erm..baie water. soos in Titanic of Deep Blue Sea. Ek is veral bang vir vasgekeer word terwyl die water al hoe meer word. Ugh… Jy sal my nie op `n skip of boot kry nie, nie eers die freakin Rhapsody nie. Aikona..
Snaaks genoeg is `n kollega van my bang vir voëltjies! Sy het my nou die oggend 7hr gebel, histeries want haar kat het `n piepklein voëltjie gevang en in haar flat ingedra. Ek moes gaan help om die ding te verwyder! Gelukkig ry ons saam werk toe so ek kon dit probleem vir haar gaan uitsort toe ek haar gaan optel het. Strange…
Comment deur corlivandermerwe — Januarie 24, 2008 #